Olifant naby Nkurenkuru gestroop
Olifant naby Nkurenkuru gestroop

Olifant naby Nkurenkuru gestroop

Francoise Steynberg
Die karkas van 'n olifant met die tande verwyder is Woensdag naby Nkurenkuru in die Kavango-Wesstreek gevind.

Die Namibiese polisie se hoof van dié streek, komm. Josephat Abel, het vandag bevestig die olifant is 'n maand gelede deur stropers afgemaai. Inwoners van 'n nedersetting naby Nkurenkuru het Woensdag op die karkas afgekom.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Abel het die publiek versoek om verdagtes wat sou probeer om die olifanttande te verkoop, aan die polisie te rapporteer.

Volgens die woordvoerder van die ministerie van die omgewing en toerisme, mnr. Romeo Muyunda, is drie olifante dusver vanjaar gestroop. - Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!