Olifant in Bwabwata gestroop
Die karkas van 'n olifantbul met sy tande verwyder, is Maandag in die Bwabwata Nasionale Park in die Noordooste gevind.
Die karkas was naby Omega-Suid, het die streekkoördineerder van misdaadondersoeke van Kavango-Oos, adj.komm. Willie Bampton, gesê.
Volgens hom is die polisie nie seker watter soort wapen gebruik is om die olifant te skiet nie.
Bampton sê die polisie van die Zambezistreek is ook besig om die saak te ondersoek.
"Daar is 'n permanente taakmag wat die park op 'n daaglikse basis patrolleer, maar die park is groot en nie elke hoekie van die park kan deur patrollies bereik word nie," het Bampton gesê. - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie