Oliesoektog: Publiek moet su00ea oor seismiese opnames
Oliesoektog: Publiek moet su00ea oor seismiese opnames

Oliesoektog: Publiek moet sê oor seismiese opnames

Die voorlopige verslag oor die verwagte impak van Recon­Africa se seismiese opnames in Kavango is beskikbaar.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer – Die Kanadese olie- en gasmaatskappy Reconnaissance Energy Africa (ReconAfrica) se ondersoek na wat die impak van sy voorgenome tweedimensionele (2D) seismiese opnames op die omgewing in die Kavango sal wees, is afgehandel.

Die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme het Saterdag in 'n verklaring gesê die omgewingsimpakstudie (EIA), die voorlopige omgewingsbestuursplan (EMP) en die nodige aanvullende dokumente is by die Omgewingskommissaris, mnr. Timoteus Mufeti, ingedien.

Dit vorm deel van ReconAfrica se aansoek vir 'n omgewingsklaringsertifikaat (ECC). Daarsonder kan hy nie met die seismiese opnames voortgaan nie.

ReconAfrica het dr. Sindila Mwiya van Risk-Based Solutions aangestel om die ondersoek te doen en die nodige dokumente vir die aansoek (vir 'n ECC) voor te berei.

ReconAfrica, wat nog nooit tevore 'n olie- en gasbron ontgin het nie, voer aan elektromagnetiese data toon die noordoostelike deel van Namibië en die noordwestelike deel van Botswana wat grens aan die Okavango-delta – 'n wêrelderfenisgebied – beskik oor 'n sedimentêre kom met olie- en gasvolumes gelykstaande aan die Midland-kom in Texas in die VSA.

ReconAfrica het reeds begin om drie stratigrafiese gate te boor om die geografie van die aardkors te ontleed. Die seismiese opnames is die tweede stap in sy oliesoektog.

Mwiya het vroeg in Februarie tydens 'n openbare vergadering in Windhoek verduidelik die eksplorasie is in sy kinderskoene en as die proses “met 'n rit vanaf Windhoek na Rundu vergelyk kan word, trek ReconAfrica nog nie eens by Okahandja nie”.



VOORDELE EN NADELE

Dit blyk uit die verslag ReconAfrica gaan 'n Explorer 860-voertuig gebruik omdat dit die grond en omgewing die minste versteur. Dit is van die nuutste tegnologie wat beskikbaar is.

Aan die positiewe kant word 'n inkomste vir die staatskas, meer werksgeleenthede, 'n groter vraag na openbare dienste en beter kennis van ondergrondse bronne soos water, minerale en geotermiese energie uitgewys.

Die verdere negatiewe impak is geraas en vibrasies langs die 450 km bestaande paaie waar die seismiese opnames gedoen gaan word. 'n Tydelike kamp gaan opgerig word en meer voertuie sal langs daardie roetes beweeg. Verder sal daar meer stof wees omdat baie van die paaie nie geteer is nie. Dít, tesame met meer brandstofdampe, sal die lugkwaliteit nadelig raak.

Volgens die verslag sal geen bome verwyder word om die kamp op te rig nie. Verder is die gebiede waar die opnames gedoen gaan word nie op olifanttroppe se migrasieroetes tussen die nasionale parke van die Khaudum en Mangetti nie, lui die verslag.

Wat grondwaterbesoedeling betref, toon die studie die voorgenome opnamegebied en die tydelike kamp val buite gebied die beskermde grondwatergebied.

Volgens mnr. Romeo Muyunda, woordvoerder van die omgewingsministerie, het belanghebbende partye tot 17:00 op Vrydag 23 April tyd om die verslag te bestudeer en insette te lewer.

Stuur 'n e-pos na Muyunda by [email protected] vir 'n skakel na die Dropbox-lêer waar die dokumente beskikbaar is. Dit kan ook afgehaal word by die ministerie se hoofkantoor in Windhoek by kamer D2-11 op die eerste vloer.

– [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.97 | EUR to NAD 20.51 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.04 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.13 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.3 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 19.03 | USD to ZMW 24.97 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 208.02/OZ UP +0.79% | Copper US$ 3.97/lb DOWN -0.0034 | Zinc US$ 2 444.40/T DOWN -0.49% | Brent Crude Oil US$ 87.34/BBP UP +1.11% | Platinum US$ 899.07/OZ UP +0.47% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.97 | EUR to NAD 20.51 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.04 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.13 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.3 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 19.03 | USD to ZMW 24.97 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 208.02/OZ UP +0.79% | Copper US$ 3.97/lb DOWN -0.0034 | Zinc US$ 2 444.40/T DOWN -0.49% | Brent Crude Oil US$ 87.34/BBP UP +1.11% | Platinum US$ 899.07/OZ UP +0.47%