Oliesoekers pypkan waterregulasies

21 October 2021 | Sakenuus
Frank Steffen – Die Kanadese mynmaatskappy ReconAfrica het sonder die nodige permitte vir water in die Kavango geboor.

Ses boorgate is gesink: twee om in die prospekteringspan se behoeftes aan water te voorsien en vier vir die gebruik van gemeenskappe by die toetsgate op Kawe en Mbambi.

Me. Maria Amakali, adjunkdirekteur van watersake, het die week gesê sy het eers in Junie vanjaar vir die eerste keer die aansoeke onder oë gehad. Die permitte is volgens haar op 28 Junie toegestaan.

Boorwerk het egter reeds in Januarie by Kawe begin en in Februarie het minister Calle Schlettwein toegegee dat geen permitte hiervoor uitgereik is nie. Die werk is in Junie voltooi, waarna na Mbambi versit is.

Amakali was aan die woord toe verteenwoordigers van die ministerie van landbou, water en grondhervorming Dinsdag voor die Nasionale Vergadering se staande komitee oor natuurlike hulpbronne verskyn het.

Haar onvermoë om fyner besonderhede te verstrek, het die komitee se voorsitter, mnr. Tjekero Tweya, briesend gehad. Hy het amptenare in ‘n stadium 15 minute gegun om met alle aansoeke en permitte vorendag te kom.

Die ministerie het nie die projek gekritiseer nie en aangevoer dat ReconAfrica minstens “probeer” het om aan alle vereistes van die omgewingsimpakstudie te voldoen.

Die sink van ‘n sewende boorgat by Mutwewambe is volgens die ministerie nog nie goedgekeur nie. Daar is ook nie ‘n permit vir die wyse waarop afvalwater hanteer word nie.

Volgens Amakali het ReconAfrica die waterboorgate ook nie soos regulasies voorskryf met sement gedek nie, wat volgens haar die gevaar van besoedeling verhoog. Die toetsgate wat vir prospekteringsdoeleindes gebruik word, is ook nie behoorlik geseël nie.

Sulke projekte mag volgens Amakali in die toekoms net toegelaat word onder toesig van haar ministerie, wat in die geval ontbreek het.

Amakali het gesê amptenare wou op 24 Februarie ‘n inspeksie by Kawe uitvoer, maar is toegang deur ReconAfrica geweier.

“Ons is ingelig dat dit ‘n tegniese hoërisikogebied is,” het sy verduidelik. Toegang is eers op 4 Junie bekom.

Die minister het ter afsluiting gesê beter samewerking is met eweknieë by omgewing, bosbou en toerisme nodig om veilige eksplorasie-aktiwiteite te verseker wat nie die natuur skade kan berokken nie.

Die ministerie oorweeg tans ‘n permanente verbod op minerale eksplorasie in beskermde en ander watersensitiewe gebiede. - [email protected]

Soortgelyk

 

Geen sterftes, sewe nuwe gevalle

2 ure gelede | Gesondheid

Die Covid-sterftes bly op 3 573, terwyl sewe nuwe gevalle gister aangeteken is. Dit is 'n positiewe koers van 0,6% en sluit 'n student in....

G7-lande se gesondheidsministers vergader vandag

14 ure gelede | Internasionaal

Gesondheidsministers van die wêreld se rykste sewe demokrasieë sal Maandag vergader om die nuwe variant van die coronavirus, Omicron, te bespreek.Reuters berig die dringende G7-vergadering,...

Twee bome in die woestyn

14 ure gelede | Gemeenskap

Tanja Bause Langs die pad tussen Uis en Hentiesbaai staan twee apiesdoringbome by ’n piekniekplek. Familie en vriende het dié bome op 30 Augustus 2010...

Omicron laat rooi ligte flikker

14 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht en Ellanie SmitDie Namibiese regering monitor die situasie rakende die Omicron-variant en sal die nodige stappe doen om die impak daarvan te bestuur.Dit...

Weer vir 29 November

14 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en baie tot bloedig warm in die Suide, andersins gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm met geïsoleerde tot verspreide donderbuie in die...

‘Tree gekoördineerd, datagedrewe op’

14 ure gelede | Toerisme

Ronelle RademeyerDie uitvoerende hoof van die Internasionale Lugvervoervereniging (Iata), mnr. Willie Walsh, sê regerings moet nie in “noodmodus” optree nie, maar die ondervinding en kennis...

Padsterftes styg met 12%

14 ure gelede | Ongelukke

Tanja Bause “Altesaam 2 579 ongelukke is vir die periode 1 Januarie tot 14 November vanjaar by die polisie aangemeld. Dit volgens komm. David Indongo,...

Nuwe riglyne vir C19-verwante sindroom onder kinders

14 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Die Wêreldgesondheidsorganisasaie (WHO) het opgedateerde riglyne vrygestel vir die behandeling van kinders met multistelsel inflammatoriese sindroom (MIS-C) wat met Covid-19 geassosieer word.MIS-C...

Nog ’n Omicron-geval in Brittanje

19 ure gelede | Gesondheid

Nog ’n reisiger wat vanaf Suider-Afrika na Brittanje gereis het, is positief vir die Omicron-variant getoets. Dit bring die aantal bevestigde gevalle in die land...