Olieprys daal weer nu00e1 Iran-aanval
Olieprys daal weer nu00e1 Iran-aanval

Olieprys daal weer ná Iran-aanval

Hoewel die politieke ­situasie in die Midde-Ooste in 'n ommesientjie kan verander, vloei olie tans nog ongehinderd uit die streek.
Die prys van Brent-ruolie het weer begin daal nadat dit in reaksie op die Amerikaanse lugaanval op die Iranse genl.maj. Kassem Soleimani tot die hoogste vlak in drie maande gestyg het.

Die prys het ná die aanval tot bó US$70 per vat gestyg, maar het nou weer tot US$68 per vat gedaal.

Dit was die eerste keer sedert ­September dat die olieprys meer as US$70 per vat was.

Hoewel die politieke situasie in die Midde-Ooste in 'n ommesientjie kan verander, vloei olie tans nog ongehinderd uit die streek.

Die oliemark het 'n onstuimige begin tot 2020 beleef met die Amerikaanse aanval wat die vrees vir 'n volskaalse oorlog in die gebied opnuut laat opvlam.

Die prys van Brent-ruolie is steeds sowat 3% hoër as voor die aanval, maar dit verg 'n groot ontwrigting van produksie om die prys tot 'n langdurige verhoogde vlak te stoot.

“Alhoewel daar geen bykomende vate olie gelewer word as gevolg van die toenemende konflik tussen die VSA en Iran nie, bly die situasie vloeibaar,” sê Michael Tran, strateeg van RBC Capital.

Brent-ruolie se prys het Dinsdagmiddag met 55c, oftewel 0,8%, tot US$68,36 per vat op die ICE Futures-beurs gedaal. Die prys het Maandag net 0,5% hoër gesluit nadat dit vroeër die dag tot soveel as 3,1% gestyg het.

Sou die olieprys aanhou klim, is duurder petrol en diesel te wagte, ook in Suid-Afrika.

Netwerk24 het vroeër berig dat die invloed van die sluipmoordaanval in Irak reeds 'n invloed op Suid-Afrikaanse brandstofpryse het.

Volgens die jongste syfers wat die Sentrale Energiefonds Dinsdag beskikbaar gestel het, is die oorverhandeling (potensiële daling) op 95-­oktaan-petrol nou net 9c.

Vrydag was die oorverhaling net 14c terwyl dit op 1 Januarie nog 22c was.

Soleimani is op 3 Januarie in 'n sluipmoordaanval naby die lughawe in Bagdad dood.

Minstens 35 mense is Dinsdag in Iran dood en 48 beseer in 'n stormloop in Soleimani se begrafnisstoet.

– Netwerk24/Bloomberg, bygewerk

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion English Championship: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!