Oliebesoedeling: geen diere, plante geraak
Oliebesoedeling: geen diere, plante geraak

Oliebesoedeling: geen diere, plante geraak

Die minister van werke en vervoer sê geen seevoëls is deur die oliebesoedeling van ’n tenkskip in die Walvisbaaise hawe geraak nie.

“Ons is nie bewus van enige berigte van seevoëls of fauna en flora in die gebied wat as gevolg van die besoedeling geraak is nie,” lui die verklaring.

Die direktoraat vir maritieme aangeleenthede (DMA) Woensdagoggend inligting ontvang van olie wat op die strand noord van Walvisbaai naby die Langstrand Uitbreiding 1 uitgespoel het.

In ooreenstemming met die nasionale maritieme besoedelingsplan van 2017 is ’n ter plaatse evaluering van die tipe olie en impak van die besoedeling gedoen om die situasie te hanteer.

Volgens die verklaring was dit “swaar petrololie” wat van ’n tenkskip tans in die Walvisbaaise hawe afkomstig was. Die beskadigde petroltenk is intussen geïsoleer om enige verdere lekkasies en besoedeling te voorkom. Stappe is ook geneem om die omgewing rondom die vaartuig te beveilig.

Die verklaring sê voorts sowat 100 meter van die kusgebied is deur die besoedeling geraak wat ongeveer een tot twee meter breed is. Die oliebesoedeling bestaan meestal uit teerballetjies.

Intussen het die eienaar van die betrokke vaartuig ook ’n plaaslike maatskappy gekry om die geraakte gebied onder toesig van regeringsverteenwoordigers skoon te maak.

“Ons is nie bewus van enige berigte van seevoëls of fauna en flora in die gebied wat as gevolg van die besoedeling geraak is nie,” lui die verklaring.

Die ministerie het die versekering gegee dat die situasie onder beheer is en dat die besoedelde dele skoongemaak sal word.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!