Olie, riool in Goreangabdam

Duur rehabilitasiewerk is nodig voor Windhoek se watersuiweringsaanlegte weer drinkwater aan die stad sal kan verskaf.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh - Sedert Windhoek se munisipaliteit (CoW) noodgedwonge alle watersuiweringswerk moes staak, vloei tussen 24 000 m³ en 27 000 m³ onbehandelde en oliebesmette rioolwater die Goreangabdam daagliks binne.

Vandag is dit reeds die tiende dag wat beide die Gammams-aanleg, asook die Nuwe Goreangab-waterherwinningsaanleg stilstaan ná sowat 6 000 l swaar brandstofolie (HFO) in Windhoek se rioolstelsel gestort is.

Mnr. Robert Kahimise, CoW se uitvoerende hoof, het gister tydens ‘n nuuskonferensie gesê volgens ‘n oliestortingspesialis van Suid-Afrika sal dit sowat N$32 miljoen kos om die beskadigde rioolstelsel te herstel.

Hy het bygevoeg ‘n tweede en derde mening hieroor sal nog ingewin word.

Dít volg nadat ‘n veiligheidsklep op 3 Februarie vroegoggend by Namibia Dairies se aanleg in Avis gebreek het, en die pyplyne gebars het wat brandstofolie na die ketelstelsel vervoer.

Sowat 24 000 l brandstofolie het deur die dreineringsgate in die ketelhuis gestort en is deur olie-opvangstrukture gekeer, maar sowat 6 000 l hiervan het eindelik in die stad se rioolstelsel beland.

Nadat Namibia Dairies die munisipaliteit hiervan in kennis gestel het, is die Gammams-aanleg onmiddellik afgeskakel. Ten spyte hiervan het van die oliebesmette water wel die hoof- suiweringstenks bereik.

Die Nuwe Goreangab-waterherwinningsaanleg moes ook afgeskakel word, omdat Gammams dit van gedeeltelik gesuiwerde water voorsien. Die afskakeling was noodsaaklik om die biologiese prosesse te beskerm wat in die suiweringsproses aangewend word.

RIOOLROETE BESMET

Kahimise het gister gesê die rioolwater wat by die Gammams-aanleg uitkom, bevat steeds olie, hoewel dit intussen drasties verminder het.

“Ons vermoed die hele rioolroete van Namibia Dairies tot by Gammams is met brandstofolie besmet, omdat dit ‘n geneigheid het om aan sementoppervlaktes vas te klou en dit selfs binne te dring.

“Dit beteken spore van die olie sal in die rioolwater bly.”

Kahimise het bygevoeg die munisipaliteit se wetenskaplike dienste monitor die water voortdurend en die besoedelingsvlak van die water verminder daagliks.

“Dit beteken watersuiwering sal binnekort weer begin, sodra besoedelingsvlakke laag genoeg is,” het hy gesê.

“Die skoonmaak van die Gammams-aanleg kan moontlik teen 17 Februarie voltooi wees. Dit behels dat ons al agt hoof- suiweringstenks moet leegmaak en dat die oliebesoedelde oppervlaktes in die kanale, tenks en visdamme eers behandel moet word,” het hy gesê.

Kahimise het gesê sodra die Gammams-aanleg weer ten volle in werking is, sal die munisipaliteit weer drinkwater kan lewer.

Dit beteken NamWater moet daagliks vir hierdie tekort instaan en ‘n bykomende 18 000 m³ water aan Windhoek verskaf.

Eers wanneer Gammams weer in werking is, sal rehabilitasiewerk aan die Goreangabdam en omgewing begin.

NAMIBIA DAIRIES ONDERSOEK SAAK

Hoewel die Ohlthaver & List-groep (O&L) se woordvoerder, me. Roux-ché Locke, aanvanklik aan Republikein gesê het Namibia Dairies sal seker maak enige en alle omgewingsbesoedeling word op ‘n verantwoordelike wyse hanteer, wou Locke gister geen verdere vrae beantwoord nie.

Sy het gesê hulle sal geen verdere inligting verskaf tot hul ondersoek afgehandel is nie.

Republikein wou onder meer weet of Namibia Dairies ‘n omgewingsklaringsertifikaat vir die gebruik van swaar brandstofolie het en versekering het om hul skade te dek.

Nog ‘n vraag was of Namibia Dairies die N$32 miljoen sal voorsien wat vir die rehabilitasie van die rioolstelsel benodig word.

VRESE VIR SIEKTE, OMGEWING

Kahimise het verseker Windhoek se drinkwater, asook die akwifer, wat hoofsaaklik suid van die stad lê, word nie deur die besoedeling geraak nie.

Intussen het die munisipaliteit mense wat naby of op die walle van die Goreangabdam woon, gewaarsku om dié water geensins te gebruik nie.

Die Goreangab- informele nedersetting is, buiten Havana, die nedersetting wat die meeste deur die hepatitis E-uitbreking geteister word, wat sedert September 2017 landswyd woed.

Teen verlede week is 4 432 gevalle en 40 sterftes landswyd aangeteken.

Havana en Goreangab is gesamentlik dié siekte se episentrum.

Die grootste dryfvere vir die verspreiding van die siekte is steeds ontlasting in die oopte, sowel as swak sanitasie en swak higiëne.

Vorige epidemiologiese studies het getoon die areas in die geraakte informele nedersettings met onvoldoende infrastruktuur vir water en sanitasie (bv. kommunale krane en openbare toilette) is die ergste deur die uitbreking getref.

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.69 | EUR to NAD 20.35 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.05 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.19 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.05 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 322.23/OZ UP +0.26% | Copper US$ 4.51/lb UP +1.60% | Zinc US$ 2 868.90/T UP 2.22% | Brent Crude Oil US$ 87.53/BBP DOWN -0.0053 | Platinum US$ 897.22/OZ DOWN -0.0055 Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.69 | EUR to NAD 20.35 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.05 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.19 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.05 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 322.23/OZ UP +0.26% | Copper US$ 4.51/lb UP +1.60% | Zinc US$ 2 868.90/T UP 2.22% | Brent Crude Oil US$ 87.53/BBP DOWN -0.0053 | Platinum US$ 897.22/OZ DOWN -0.0055