• Tuisblad
  • Sport
  • Old Boys Vintage, Wanderers II sluit met trofeë

Old Boys Vintage, Wanderers II sluit met trofeë

'n Driekuns, 'n oorwinning met die finale bal en tegnologiese geskiedenis was deel van laas naweek se twee eindstryde.
Andrew Poolman
Andrew Poolman - Die plaaslike klubseisoen van Krieket Namibië is laas naweek afgesluit met twee eindstryde van die laer ligas wat beide hul kwota drama opgelewer het.

Die WHS Old Boys Vintage-span het Saterdag by die Wanderers-veld 'n uiters spannende naelbyter oorleef om die 40-boulbeurt streekkampioenskap op naelskraapse wyse te verower.

Hul opponente, die Junior Coastal Cricket Academy (JCCA), was tot op die einde op koers na 'n oorwinning totdat hul kaptein, Lauritz Haccou, vir 112 lopies uitgevang is.

Met die laaste bal van die finale boulbeurt moes die kusspan drie lopies vir 'n oorwinning kry.

Hul laaste kolfpaar Scott Winborn (9*) en William Lottering het gedraai vir die tweede lopie wat die uitslag gelykop sou maak en 'n super-boulbeurt sou afdwing, maar Lottering is uitgehardloop om vir die Windhoekers die oorwinning met een lopie te beklink.

Toe WHS Old Boys Vintage vroeër eerste gekolf het, was Wimpie Viljoen (25) die eerste man wat uitgevang is.

'n Vennootskap tussen Henk van Zyl (64) en die kaptein Nicky Buys (65) het egter die grondslag vir hul spantotaal van 225/5 in hul 40 boulbeurte help lê.

Kleiner bydraes het ook van Riaan de Witt (18), Arno Tuah (13) en Dwayne Thomson (25 nie uit nie) gekom.

Van die JCCA-boulers het Ricku Mans (2/18 in 3 boulbeurte) die paaltjies van Buys en Tuah gekry. Scott Winborn (1/31 in 8) en Matthew Stander (1/32 in 7) het ook nie sleg geboul nie.

Lauritz Haccou, wat in die afgelope seisoen sy eerste drie eendagwedstryde vir die nasionale Eagles gespeel het, was uitstaande met die kolf vir JCCA. Sy 112 lopies as kolwer nommer vier het agt grenshoue en vyf sesse bevat.

Afgesien van Gerhard Lottering (27) kon geen van die kusspan egter vir 'n deurslaggewende vennootskap vasskop nie.

Hiervoor het die boulwerk van Nicky Buys (3/39 in 8), Riaan de Witt (2/39 in 6) en een paaltjie elk vir Hendrik de Waal, Wimpie Viljoen, Dwayne Thomson en Arno Tuah gesorg.



DRIEKUNS VIR EWALD

'n Driekuns vir die bouler Ewald Steenkamp was sonder twyfel die hoogtepunt van die T20-streekfinaal, wat Wanderers se tweede span Sondag op hul tuisveld met 24 lopies teen JCCA gewen het.

Wanderers het die loot gewen en die besoekers eerste ingestuur. Die kusspan is vir 'n beskeie 74 lopies uitgeboul, met net die topdrie kolwers E. van der Westhuizen (12), Dian Neethling (21) en Gerhard Lottering (14) wat dubbelsyfers kon behaal.

Geskiedenis is gemaak toe Lottering deur Wessel Murgh gestonk is van Danie Stassen se boulwerk af. Dit was sover bekend die eerste keer dat 'n TV-beslissing in plaas­like krieket ingespan is om die val van 'n paaltjie te bevestig.

Nie eens in nasionale wedstryde is die tegnologie tevore gebruik nie.

Danksy twee videokameras van TeeVee Africa was hersiening van stonke en uithardlope moontlik en kon skeidsregter JW Prinsloo die vierkantige vingerteken na die derde skeidsregter Ewoud Lassen wys, wat net 'n paar sekondes later die rooi lig aangeskakel het.

Die vet was egter in die vuur toe Steenkamp as regterarm bybreekbouler toegetree het.

Sy driekuns is aan die gang gesit toe JCCA se kolwer nommer vier Lauritz Haccou (8) deur Michael Durant uitgevang is. Die kolwers het egter gekruis vir 'n lopie en dus kon hy met die volgende bal ook van Ettienne Beukes (4) ontslae raak toe Danie Stassen raakgevang het.

Durant kon met die derde bal duik om met 'n eenhand-vangskoot vir Ricku Mans (0) kleedkamer toe te stuur.

Vreemd genoeg het Steenkamp 'n ruk later so byna wéér 'n driekuns behaal toe hy met twee balle van Roelof van Niekerk (gevang en geboul vir 3) en Scott Winborn (bvp, 0) ontslae geraak het. Die driekuns is afgeweer, voordat Durant die laaste paaltjie gekry het.

Die kusspan se beskeie totaal van 74 is verbygesteek met vyf Wanderers-paaltjies plat. Wessel Myburgh (25 van 28 balle) en Michael Durant (24 van 28 balle) het die meeste lopies behaal.

Daar was geen teëspraak toe Ewald Steenkamp vir sy vyf paaltjies vir net twee lopies in drie boulbeurte (twee leeg) as die speler van die wedstryd aangewys is nie.

Steenkamp is die enigste Wanderers-speler vir die seisoen wat 'n vyfpaaltjie-boulskof én 'n honderdtal (141 teen Zebras) behaal het.

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.93 | EUR to NAD 20.5 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.98 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.25 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.99 | USD to ZMW 24.97 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 207.21/OZ UP +0.75% | Copper US$ 3.97/lb DOWN -0.0032 | Zinc US$ 2 449.90/T DOWN -0.27% | Brent Crude Oil US$ 87.11/BBP UP +0.84% | Platinum US$ 903.17/OZ UP +0.93% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.93 | EUR to NAD 20.5 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.98 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.25 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.99 | USD to ZMW 24.97 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 207.21/OZ UP +0.75% | Copper US$ 3.97/lb DOWN -0.0032 | Zinc US$ 2 449.90/T DOWN -0.27% | Brent Crude Oil US$ 87.11/BBP UP +0.84% | Platinum US$ 903.17/OZ UP +0.93%