Oktober is pienk
Oktober is tradisioneel pienk in solidariteit met elkeen wat deur borskanker geraak word en ook om bewustheid vir die siekte te skep. Die Kankervereniging van Namibië (CAN) het oudergewoonte verskeie items in pienk beskikbaar om die vereniging te help om broodnodige geld vir sy gesondheidsklinieke vir vroue in te samel. Op die foto verskyn CAN se uitvoerende hoof, mnr. Rolf Hansen, en me. Renay Coetzee met die pienk maskers wat spesiaal vir vanjaar se veldtog ontwerp is. CAN bied tydens Oktober oudergewoonte elke Donderdag gemeenskapsklinieke vir ondersoeke vir bors- en servikale kanker aan. Vir meer besonderhede oor die maskers en klinieke, skakel CAN by (061) 237740 in Windhoek of (064) 461271 in Swakopmund.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie