Oktober-Desember se reëns vergelyk swak

Die eerste drie maande van die reënseisoen was teleurstellend, met die grootste dele van die land wat steeds nie eens jaarlikse gemiddelde gehaal het nie.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh – Dit blyk uit plaaslike reënsyfers dat die groter dele van die land tot dusver swakker as gewoonlik reënval tussen Oktober en Desember ontvang het.

Volgens Desember se reënverslag wat onlangs deur die Namibiese weerkantoor uitgereik is, het die meeste weerstasies in die land onderdrukte reënsyfers aangemeld, met die uitsondering van klein gebiede rondom Ondobe, plaas Wilde (in die Otjozondjupastreek), Windhoek, Gibeon, plaas Monica (Omahekestreek) en Karasburg, waar normale tot bo normale reën voorgekom het.

Volgens die verslag het welkome swaar reën binne 24 uur in geïsoleerde plekke in die Otjozondjupa-, Omaheke-, Zambezi- en Khomasstreek verlede maand voorgekom.

Die plaas Wilde in die Otjozondjupastreek het die grootste bui (71 mm) in Desember gehad, gevolg deur plaas Monica in die Omahekestreek wat 55 mm ontvang het. Sachona het 45 mm ontvang, Katima Mulilo 42 mm en Windhoek 41,2 mm, dui die verslag aan.

Reën van meer as 40 mm het hoofsaaklik rondom Gibeon, Windhoek en die noordoostelike dele van die land voorgekom. Bonormale reën is in Desember oor Gibeon, Khorixas, plaas Monica en in Windhoek gemeet – alhoewel die reën meestal binne 24 uur ontvang is.

Beduidende bo normale reën het oos van Grootfontein geval, met ’n gemiddeld van vyf reëndae in Desember.

Grafieke van gemiddelde reënsyfers dui aan dat Katima Mulilo, Rundu, Ondangwa, Khorixas, Grootfontein en Keetmanshoop tot dusver minder reën gehad het was wat dit gemiddeld tydens ander reënseisoene ontvang. Slegs Plaas Monica en Windhoek het meer as die gemiddeld vir die eerste drie maande van die seisoen ontvang.

LA NIÑA-TOESTANDE DUUR VOORT

Nietemin sê weervoorspellers ’n kans van tussen 85 en 95% bestaan dat swak tot matige La Niña-toestande vir die res van Namibië se somer sal heers, voordat meer neutrale Enso-toestande weer tydens die herfs sal intree.

Die Amerikaanse Klimaatvoorspellingsentrum asook die Internasionale Navorsingsinstituut vir Klimaat en Samelewing het verlede week (op 11 Januarie) gesê La Niña-toestande het tydens die afgelope maand voortgeduur, soos gesien kan word in die patroon van ondergemiddelde seeoppervlaktemperature wat in die sentrale en oostelike ekwatoriale Stille Oseaan gehandhaaf is.

Die bevinding stem ooreen met dié van die Australiese Buro vir Meteorologie, wat in sy jongste vooruitskouing gesê het die meeste van sy klimaatmodelle voorspel dat La Niña-toestande waarskynlik deur die Suidelike Halfrond se somer sal voortduur en in die vroeë herfstyd die wyk sal neem.

Ten einde 2017-18 as 'n La Niña-jaar te kan klassifiseer, moet La Niña-drempels vir minstens drie maande oorskry word.

Volgens Amerikaanse voorspellers het die jongste weeklikse Niño-3.4-indeks op -0,8 °C gestaan, terwyl die Niño-3 en Niño-1+2 indekse gedurende die grootste deel van die maand op of onder -1,0 °C gestaan het.

Die Oseaniese Niño-indeks (ONI) is ‘n maatstaf waarmee die afwyking van die normale seeoppervlaktemperatuur in die oostelike en sentrale Stille Oseaan gemeet word. Dit is ook ’n standaard metode waardeur elke El Niño-episode bepaal, gemeet en voorspel word.

’n Negatiewe waarde beteken die water is koeler as die gemiddeld en dui, saam met ander atmosferiese toestande, op die moontlike aanwesigheid van ’n La Niña.

Die huidige La Niña word as swak tot matig geklassifiseer omdat die seeoppervlaktemperature in die oostelike en sentrale Stille Oseaan (die Niño-3.4-indeks) oor drie maande tussen -0.5 °C and -1.5 °C geval het.

Die atmosferiese toestande oor die tropiese Stille Oseaan toon ook tans dat La Niña-toestande heers, met onderdrukte konveksie naby en oos van die Internasionale Datumlyn asook groter konveksie noord van Indonesië.

Lae vlak passaatwinde is tans ook sterker as die gemiddeld oor die westelike en sentrale dele van die Stille Oseaan – alles konsekwente aanduidings dat La Niña-toestande aanwesig is.

Amerikaanse voorspellers sê bykans al hul weermodelle dui tans aan dat La Niña die Noordelike Halfrond en ons somer sal oorheers.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!