Okahandja-Windhoek-pad: Fase twee oor 'n jaar  voltooi
Okahandja-Windhoek-pad: Fase twee oor 'n jaar voltooi

Okahandja-Windhoek-pad: Fase twee oor 'n jaar voltooi

Die RA se vyfjaar- strategiese plan tot 2022 sal altesaam N$20,3 miljard kos, het die Paaieowerheid gister tydens 'n hoflikheidsbesoek aan die goewerneur van die Khomasstreek gesê.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh



Opgraderingswerk aan die Windhoek-Okahandja-pad wat van die Döbra-rivier tot by die Omakunde-kruising strek, behoort teen volgende jaar Augustus afgehandel te wees.

Daarna sal die laaste fase van die pad gepak word.

Terselfdertyd kan werk aan die lughawepad volstoom voortgaan omdat genoeg geld vir die voltooiing daarvan nou beskikbaar is.

Die Paaieowerheid (RA) het gister 'n hoflikheidsbesoek aan die goewerneur van die Khomasstreek, me. Laura McLeod-Katjirua, afgelê om dele van hul strategiese plan vir 2018 tot 2022 te bespreek, wat betrekking op die Khomasstreek het.

Dít behels opgraderingswerk aan die Windhoek-Okahandja-pad, asook die lughawepad.

Die uitvoerende hoof van die Paaieowerheid (RA), mnr. Conrad Lutombi, het gesê sodra dié twee nasionale padprojekte in en om die hoofstad voltooi is, sal die stad se verkeersvloei verbeter en langafstandverkeer sal by Windhoek kan verbygaan sonder om met stedelike verkeer te meng.

Hy het verduidelik die twee padprojekte behels ook die bou van die Gobabis-, Frankie Fredericks-, Robert Mugabe- en Sam Nujoma-padwisselaars, waar langafstandverkeer op die snelweg kan hou, wat hulle eindelik verby die hoofstad sal neem, terwyl afritte na onderskeie dele van die stad ook aangebring sal word.

Hy het gesê die wisselaars behoort 'n mate van verligting vir verkeersopeenhopings te bring, maar die padnetwerk binne dorpe en stede is die munisipaliteite se verantwoordelikheid.



VORDERING

Lutombi het gesê drie van die vier fases van die Okahandja-Windhoek-pad is reeds voltooi. Die laaste fase sal ná Augustus volgende jaar aangepak word, sodra genoeg geld vir die opgraderingswerk beskikbaar is.

“Dié pad sal dan eindelik van Oshana af agterom Okahandja loop en by die reedsbestaande kruising na Otjiwarongo aansluit,” het hy verduidelik.

Lutombi het gesê 'n advertensie vir tenders om die volgende fase van die lughawepad te bou, sal van 11 Julie af gepubliseer word.

“Die volgende fase strek van Sam Nujomarylaan af tot by Dordabis. Die laaste fase is vanaf Dordabis tot by die Internasionale Lughawe Hosea Kutako. Daar is genoeg geld vir die voltooiing van hierdie pad ná die Chinese regering 'n skenking aan Namibië gemaak het,” het hy gesê.

'n Ander sleutelprojek sluit in dat ingenieursontwerpe vir 'n dubbelpad na Rehoboth opgetrek is, terwyl 'n pad van Windhoek af na Dordabis gebou sal word en moontlik in September vanjaar voltooi sal wees.

Lutombi het verduidelik die uiteindelike doel is dat Namibië 'n logistieke kern moet wees.

Die beplanning van nasionale paaie gaan daaroor dat Walvisbaai se hawe 'n deurgangspunt vir die groter SADC kan word.

“Die idee is nie net om veiligheid op paaie te verbeter nie, maar ook om vervoerkoste te verminder,” het hy gesê.



VYFJAARPLAN

Die RA se vyfjaar- strategiese plan, wat in Mei vanjaar uitgereik is en tot 2022 geldig is, stel ten doel om altesaam 800 km se paaie tot Bitumen-standaarde op te gradeer, om 250 km se paaie na gruisspaaie op te gradeer, om 279 km se paaie, asook nege brûe te rehabiliteer en om 1 800 km se paaie te herverseël.

Verder moet 6 500 km se gruispaaie nuwe gruis kry en niks meer as 10% van teerpaaie en 40% van gruispaaie mag in 'n onaanvaarbare toestand wees nie.

Die plan behels verder om seker te maak 99,3% van vragmotors se gewig val binne die aanvaarde standaarde en dat kliëntetevredenheid by Natis tot 85% styg. Om dié plan uit te voer, sal altesaam N$20,3 miljard kos.

Die regering sal N$7,6 miljard bydra, terwyl die Padfondsadministrasie (RFA) sowat N$10,9 miljard sal instoot en skenkings en lenings die ander N$1,7 miljard sal moet dek.

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.69 | EUR to NAD 20.33 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.97 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.05 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 18.98 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 325.38/OZ UP +0.39% | Copper US$ 4.50/lb UP +1.52% | Zinc US$ 2 857.40/T UP 1.8% | Brent Crude Oil US$ 87.95/BBP DOWN -0.0005 | Platinum US$ 904.66/OZ UP +0.28% Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.69 | EUR to NAD 20.33 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.97 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.05 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 18.98 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 325.38/OZ UP +0.39% | Copper US$ 4.50/lb UP +1.52% | Zinc US$ 2 857.40/T UP 1.8% | Brent Crude Oil US$ 87.95/BBP DOWN -0.0005 | Platinum US$ 904.66/OZ UP +0.28%