Okahandja-verdagte is 'ernstig siek'
Denver Kisting
Mnr. Fanie Jantjies (42), wat glo Maandag vir mnr. Zumario Hagen (23) op Okahandja vermoor het, is gister na 'n Windhoekse hospitaal oorgeplaas.
Hy is gister in sy afwesigheid voor die Okahandja-landdroshof gedaag. Tydens dié verskyning is die saak tot 8 Junie vanjaar vir verdere polisieondersoek uitgestel.
Republikein verneem die beskuldigde “is baie siek”. Hy word onder polisiebewaking behandel.
Jantjies se hofverskyning gister kom nadat hy intussen aangekla is van moord, dwarsboming van die gereg, motordiefstal, roekelose en nalatige bestuur en bestuur sonder 'n rybewys, het 'n polisiewoordvoerder, hoofinspekteur Kauna Shikwambi, gistermiddag bevestig.
Shikwambi het Dinsdag gesê die polisie op Okahandja is Maandag omstreeks 03:00 ingelig van 'n moord by 'n huis in Derde Laan.
Daar word beweer Jantjies se meisie het 'n kombers oor Hagen gegooi wat op 'n bank in die paartjie se huis gelê en slaap het.
Jantjies het glo kort daarna kombuis toe geloop, 'n mes gaan haal en vir Hagen in sy nek gesteek.
Hagen is luidens 'n polisieverslag onmiddellik dood.
Jantjies het hierna glo Hagen se lyk in sy meisie se silwer Corsa-bakkie gelaai en dit by die Nau-Aib-vullishoop gaan stort.
Hy het toe glo in die rigting van die Okahandja-Hochfeld-pad gery.
Jantjies het glo sowat 40 km buite Okahandja beheer oor die voertuig verloor waarna dit omgeslaan het.
Hy het nekbeserings opgedoen en 'n ryloper, wat hy glo by 'n vulstasie op Okahandja opgelaai het, is lig beseer.
Na wat verneem word, is hy weens ander ernstige mediese probleme, wat nie met die motorongeluk verband hou nie, Windhoek toe oorgeplaas. Intussen hoop die Hagen-gesin steeds op antwoorde oor wat tot hul seun se dood aanleiding gegee het.
Zumario word volgende naweek op Groot Aub begrawe.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie