Okahandja se grondgrypers moet weg

Onwettige besetters moet binne 14 dae weg wees.
Augetto Graig
Augetto Graig



Hoërhofregter Collins Parker het Vrydag 'n hofbevel aan die Okahandja dorpsraad en minis­ter Erastus Uutoni van stedelike en landelike ontwikkeling toegestaan, om honderde onwettige inwoners van nedersettings in die dorp uit te sit.

Onwettige inwoners op munisipale grond in Eekunde self, Eekunde uitbreiding 5, Veddersdal uitbreiding 1, 2 en 3, Five Rand uitbreidings 3 en 4 en op enige ander plek binne die grensgebied van Okahandja waar onwettig grond gegryp is, sal binne twee weke moet trek.

Minister Uutoni se beëdigde verklaring, ingedien saam met die aansoek, sê massiewe grondgrypery op Okahandja het 'n onhoudbare situasie geskep.

Vandag is as sperdatum gestel vir die onwettige inwoners om kennis van hul teenstand teen die bevel te gee, óf hulle sal ná 14 dae vanaf die beveldatum uitgesit word. Hul tydelike strukture sal ook gesloop en enige besittings agtergelaat sal gekonfiskeer word.

Volgens Uutoni weet die munisipaliteit nie presies wie die onwettige grondgrypers is nie, omdat hulle weier om hul besonderhede aan munisipale amptenare te verskaf en omdat hul strukture in die aande opgestel word.

Uutoni het egter geen twyfel nie daar is 'n stewige getal van hulle en dat hulle wel in Okahandja woon.

“Die respondente is baie. Ons het nie hul name nie en van hulle het wonings opgerig op die besette grond om slegs die areas wat hulle uitgeken het, beset te behou. Dus bly hulle nie in die strukture nie, maar elders, en ons weet nie waar hulle bly nie, maar hulle is in Okahandja,” lees Uutoni se verklaring.

Hy het dus die hof toestemming gevra dat kennis van die bevel deur radiodienste uitgesaai word, asook deur middel van kennisgewings by die munisipaliteit, die polisiekantoor en by die landdroshof op Okahandja.

Die nuusagentskap Nampa berig die Okahandja-dorpsraad se leier­skap is steeds geskors nadat die voormalige minister mnr. Peya Mushelenga hulle vir beweerde wanbestuur laat ondersoek het.

Vroeër die maand is 'n klag van korrupte grondverkope op die dorp ook by die Teenkorrupsiekommissie aanhangig gemaak.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!