Okahandja se burgemeester verwelkom donkieslagpale

Fokus op plaaslike en Chinese mark

20 March 2017 | Plaaslik
Catherine Sasman - Okahandja se burgemeester, mnr. Johannes Hindjou, het die oprigting van die voorgestelde donkieslagpale deur die Chinese maatskappy AgriNature Investment and Trading CC verwelkom en gesê die dorp het 'n dringende behoefte aan beleggers - veral ná die sluiting van die Meatco-aanleg.

“Dit is ons plig as raad om werk te skep. Ons verwelkom hierdie ontwikkeling, mits hulle die regte prosedures volg,” het Hindjou gesê.

'n Advertensie is op 15 Maart gepubliseer waarin Ritta Khiba Planning Consultants, AgriNature Investment and Trading se voorneme aankondig om aansoek te doen om spesiale goedkeuring vir die oprigting van 'n donkieslagpale op die dorp.

Die donkieprodukte is na bewering vir plaaslike en Chinese markte bestem.

Volgens die advertensie moet besware teen die projek binne 14 dae ná publikasie van die kennisgewing ingedien word.

Daar is steeds kwessies wat aangespreek moet word - onder meer die feit dat omgewingskommissaris, Theo Nghitila, gesê het sy kantoor het nie 'n aansoek om 'n omgewingsklaringsertifikaat ontvang nie.

Die beoogde slagpale is aanvanklik in September verlede jaar in 'n advertensie aangekondig, waarin CNM Environmental Consulting Services gesê het dit is deur AgriNature beveel om 'n omgewingsimpakstudie (EIA) en 'n omgewingsbestuursplan (EMP) te doen.

Mnr. Matengu Sitali, van CNM Environmental Consulting, het hierdie week gesê beide die EIA en EMP is voltooi en aan die ministerie van landbou, water en bosbou, asook die ministerie van die omgewing en toerisme voorgelê.

Erf 780, waarop AgriNature die slagpale wil oprig, is aanvanklik deur First Wall Investment, wat aan die Chinese burger Stina Wu behoort, by die munisipaliteit gekoop.

Wu het verlede week gesê sy verhuur die eiendom aan AgriNature, maar het beklemtoon dat haar maatskappy geensins by die voorgestelde donkieslagpale betrokke is nie.

'n Verteenwoordiger van AgriNature wou homself nie identifiseer of vrae oor die voorgestelde slagpale beantwoord nie.

Hy wou nie sê of die maatskappy 'n studie gedoen het oor die volhoubaarheid van die slagpale en oor die voorsieningsketting van donkies nie.

Hy het wel ontken dat AgriNature betrokke is by die Chinese maat­skappy wat vir grond aansoek gedoen het op Outjo vir soortgelyke slagpale.

Soortgelyk

 

Namibië: Jerusalem hoofstad van Israel én Palestina

1 dag gelede | Internasionaal

Die regering sê in ‘n verklaring hy het om groot kommer kennis geneem van die die VSA se aankondiging dat hy Jerusalem as hoofstad van...

Rynand Mudge herstel ou geboue

1 dag gelede | Omgewing

Augetto Graig Windhoek se geskiedenis het sedert 1910 en 1913 voor die historiese Gathemann- en Erkrath-gebou in die stad se hoofstraat afgespeel. Die geboue, wat...

EU-lys g'n 'swartlys'

1 dag gelede | Internasionaal

Ronelle Rademeyer “Die EU het Namibië nog nooit as 'n belasting­toevlugsoord beskou nie. Dit is 'n totale misverstand.”Só het die Europese Unie se ambassa­deur in...

Raad vir jong ondernemers

1 dag gelede | Onderwys

‘n Gids oor volhoubare ontwikkeling vir jong ondernemers in Namibië verskyn vandag in Namibia Media Holdings (NMH) se dagblaaie en is gister amptelik bekend gestel.Die...

Kalender 8 Desember

1 dag gelede | Kuns en vermaak

Nou aan die gang» Wees deel van die eerste weergawe StArt Art Salon vandag by die Macadam-mark. StArt Salon Volume 1 is ’n “salon-styl”-utstalling wat...

Weer vir 7 Desember

1 dag gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en bloedig warm in die verre oostelike gedeeltes, andersins gedeeltelik bewolk en baie warm met 'n paar tot geïsoleerde donderbuie maar verspreide...

Crimson House en Andra deel verhoog by kus

1 dag gelede | Kuns en vermaak

Die Suid-Afrikaanse groep Crimson House bring hul Gypsy Jungle-vertoning oor die feestyd na Swakopmund. Crimson house sal saam met sangsensasie Andra van 19 tot 22...

Een stem, ’n kitaar en baie Stone-emosie

1 dag gelede | Kuns en vermaak

Die Warehouse-teater is dié plek vir kultuur, vermaaklikheid, yskoue bier en pizza in Windhoek. Hierdie gewilde landmerk het onlangs sy 5de verjaardag gevier sedert dit...

Bekendstelling van StArt Salon uitstalling by Macadam-mark

1 dag gelede | Kuns en vermaak

Wees deel van die bekendstelling van die eerste volume van StArt Salon vanaand by die Macadam-mark. StArt Salon Volume 1 is ’n “salon-styl”-utstalling wat die...