Okahandja ruk sy paaie reg
Okahandja ruk sy paaie reg

Okahandja ruk sy paaie reg

‘n Vergadering met gemeenskapslede en ondernemings om die projek te ondersteun, het vrugte afgewerp.
Maria Eiseb
Maria Eiseb

Okahandja se munisipaliteit het onlangs met gemeenskapslede en ondernemings vergader om ’n beroep op inwoners te doen om die opknap van die dorp se paaie te ondersteun.

Volgens mnr. Patrick Haraseb, bestuurder van die munisipaliteit se ingenieursafdeling, het die owerheid met belanghebbers vergader om hul ondersteuning te verkry.

Hoewel die Padfondsadministrasie (RFA) jaarliks sowat N$1,2 miljoen vir die herstel van paaie beskikbaar maak, wou die owerheid ook ondernemings op die dorp en gemeenskapslede betrek.

“Die byeenkoms het vrugte afgewerp. Inwoners was bereid om betrokke te raak,” het Haraseb gesê.

Hy het gesê wanneer fondse van die RFA ontvang word, word dit gewoonlik aangewend om sinkgate te herstel, maar dit is nie genoegsaam nie.

Ondernemings soos onder meer Colas Namibia (Pty) Ltd en die Lewcor-groep is genader, het Haraseb gesê.

Van die dorp se ondernemings het ingewillig om die gat by die Shell-vulstasie op hul onkoste te herstel.

Mnr. Neels Saaiman, ’n ingenieur by Lewcor, het gesê belanghebbers en die gemeenskap werk in die algemeen saam aan dié projek.

“Die munisipaliteit sal nie met die bedrag wat hulle van die RFA af kry alles self kan behartig nie,” het hy gesê.

“Die dorp se voorkoms is vir inwoners en die dorpsraad belangrik en daarom ondersteun ons die munisipaliteit graag,” het Saaiman gesê.

Volgens mnr. Nehemia Kapofi, senior ingenieur by die RFA, beoog dié liggaam om fondse aan plaaslike owerhede toe te ken, om geld namens die gemeenskap in te samel en om toesig oor die instandhouding van paaie te hou.

Verlede jaar het die munisipaliteit raadgewende ingenieurs in die plaaslike owerheid aangestel, het Haraseb gesê.

Die RFA verkry hul inkomste grootliks uit grensboetes (CBC), langafstandheffings (MDC), brandstofheffings (FL), heffings op abnormale vragte (ALF) en jaarlikse voertuiglisensie- en registrasiefooie (AVLRF).

Hulle ondersteun ook Dunamis-streekskonsultante om toesig te hou oor finansiële bydraes tot die Okahandja-paaieprojek.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!