Okahandja-krisis verdiep

Die verhoor oor massa-uitsettings op Okahandja gaan vandag in Windhoek hoërhof voort.
Augetto Graig
Augetto Graig - Behuising in Okahandja is by ’n krisispunt. Die mank plaaslike owerheid skarrel om ’n versnelde grondleweringsproses uit te voer, terwyl minister Erastus Uutoni van stedelike en landelike ontwikkeling vandag sy poging tot uitsetting van honderde onwettige Okahandja informele nedersetting huisgesinne, in die Windhoek hoërhof moet verdedig.

Okahandja se munisipaliteit het Maandag hul nuwe versnelde grondleweringsproses bekendgestel. Hul assistent-dorpsbeplanner, me. Lucia Nashongo, sê daar is reeds sowat 8 000 aansoeke vir grond deur die plaaslike owerheid ingesamel en dat Ekunde uitbreiding 5 reeds in 297 plotte, elk tussen 316 m² tot 475 m², verdeel is.

“Die kadasteropname is gedoen en die dorpsraad sien om na die skoonmaak van die padreserwes, saam met die uitmerking en nommertoekenning vir die plotte,” sê sy.

“Teen volgende week sal ’n tydelike waterlyn met tydelike ablusiegeriewe geïnstalleer word en hopelik binnekort ook die toekenning van die begunstigdes in daai gebied,” sê sy. Volgens Nashongo is dié net die eerste fase van die proses. Kragvoorsiening aan die nuwe Ekundi uitbreiding 5 sal in ’n gesamentlike vennootskap tussen Cenored en die munisipaliteit verskaf word, sê sy.

Die dorpsraad wil terselfdertyd die formalisering van die nedersettings Oshetu 1, 2 en 3 ook voltooi. Volgens Nashongo is dit reeds in die staatskoerant gepubliseer en is formalisering van hierdie woonbuurte deur die nedersettingsraad goedgekeur. Sowat 600 huisgesinne sal binnekort, danksy Juniemaand se opheffing van die moratorium op grondverkope in Okahandja, hul eie eiendom kan bekom, sê sy.

Die moratorium is reeds in 2015 ingestel, te midde van korrupsiebeweringe, wanbestuur en binnegevegte by die dorpsraad. Die oudminister van stedelike en landelike ontwikkeling, mnr. Peya Mushelenga, het vroeër vanjaar die dorpsraad geskors.

Die ministerie se verteenwoordiger op Okahandja, mnr. Linus Garoeb, wou nie uitbrei oor die huidige stand van sake met verband tot die dorpsraad nie. Hy het egter bevestig dat die nuwe grondleweringsproses gesamentlik deur die plaaslike owerheid en die ministerie gefinansier word.

Op besoek aan die perseel waar Ekunde uitbreiding 5 ontwikkel word, kan mens nie die toneel of die reuk van die munisipale stortingsterrein langs die pad na Swakopmund mis nie. Die vullishope lê en rook binne 100 meter van die wit lyne van uitgemerkte nuwe plotte. Volgens Garoeb is die munisipaliteit besig om die stortingsterrein te verskuif en het wag net op die aankoms van swaar toerusting.

Volgens ’n gemeenskapaktivis, mnr. Johannes /Gerub /Gaseb van die Promised Land gemeenskapsorganisasie, is dit ’n skande dat Okahandja inwoners vyf kilometer uit die dorp en langs die ashoop verskuif. Hy sê inwoners sal nie verskuiwing na Ekunde uitbreiding 5 duld voordatdie stortingsterrein verwyder is en ’n omgewingsimpakstudie eers voltooi is nie.

/Gaseb is ook sentraal in die teenstand wat minister Uutoni se uitsettingsplan vandag in die hof moet oorkom. Hy sê dit was organisering van grondgrypers op die dorp en ’n vreedsame vergadering met die minister wat tot die opheffing van die moratorium gelei het. Nou word die proses gekaap om arm inwoners te benadeel en korrupte grondooreenkomste te bevorder, sê hy.

/Gaseb het aan die koerant dokumentasie gewys wat aandui die Promised Land grond is reeds laas jaar, in midde van die moratorium, deur die munisipaliteit verkoop. “Ons verwerp hierdie situasie en sal nie toelaat dat ons mense, bloot omdat hulle arm en haweloos is, hier langs die ashoop gestort word nie,” sê hy.

Hy het ook mnr. Alfons Tjombe en sy vrou me. Thusnelda Hamases gehelp om ’n nuwe sinkhuis langs hul bestaande pondok op Promised Land te bou. Dit was Tjombe se beëdigde verklaring wat net betyds ingedien is om vandag se hoërhofverhoor te verseker. Aanvanklik het regter Collins Parker die uitsitbevel toegestaan, mits geen beswaar daarteen ingedien sou word nie.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-03-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Currency: GBP to NAD 23.77 | EUR to NAD 20.35 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.88 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.15 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.88 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.77 | EUR to NAD 20.35 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.88 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.15 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.88 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53%