Okahandja-kleinhoewe oorstroom weer

Kleinhoewe-eienaars meen ou sandmyne is daarvoor verantwoordelik dat die Okahandjarivier sy spoor byster raak en hul eiendomme oorstroom.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh - Terwyl die polisie gistermiddag bevestig het ‘n vrou is nog soek nadat die Okahandjarivier haar vroeg gisteroggend meegesleur het, was ‘n kleinhoewe-eienaar hande in die hare omdat sy eiendom vir die tweede keer in minder as ‘n week oorstroom het.

Buiten dat 3 000 van sy hoenders die keer versuip het, kan niks intussen gedoen word om sterker keerstrukture vir die rivier op te rig alvorens dit opgedroog het nie.

“Ons is dus in groot moeilikheid, want indien dit reën, sal ons weer en weer verspoel,” het Roux, eienaar van Osona Eggs, gistermiddag gesê. Hy, sy gesin, skoonouers en werkers was gister wéér op hul kleinhoewe buite Okahandja vasgekeer.

“Ek kan skreeu van moedeloosheid,” het Roux gister aan Republikein gesê. “Ons werknemers sit ook vandag met trane in hul oë.”

Dit volg nadat die Okahandjarivier verlede Donderdag- en Vrydagnag wéér deur hul kleinhoewe gestroom het en hul huis, fabrieke en kantore oorstroom het. Die gemeenskap het gehelp om keerwalle van so hoog as 2 m te stoot.

Desondanks het die rivier Dinsdagnag omstreeks half vyf wéér deurgebreek en sy eiendom erger as tevore verspoel. Roux sê sy skoonma het hom wakker gebel om te sê hul huis is vol water.

“Ons leef sedert verlede week in vrees. As jy snags in jou bed omdraai, voel jy eers op die vloer of dit nog droog is. Jy hoor niks nie, want die water kom die huis stil-stil binne.”

Roux sê dis ‘n nagmerrie. “Jy voel jy moet vlug, maar jy kan nie links of regs gaan nie, want jy is deur ‘n massa water omsingel. As jy begin loop, sak jy weg. As ons by die erf se hekke uitgaan, steek net jou kop bo die water uit.

“Terselfdertyd wil ek probeer uitkom om te kyk of ek die hoenders kan red.”

VERDRINKTE HOENDERS

Roux het gister vertel hulle was nog besig om die verdrinkte hoenders in sakke bymekaar te maak, maar hy skat dat daar sowat 3 000 dood is.

“Dit is skade van ten minste N$1,5 miljoen.

“As hierdie nie stop nie, sal ons moet toemaak. Dit beteken 18 mense sal sonder werk sit en drie huisgesinne sal verplaas moet word,” het Roux moedeloos gesê.

Osona Eggs is die derde grootste kommersiële eierboerdery in die land en produseer daagliks sowat 35 000 eiers. Roux sê hy het versekering, maar hy is nie seker hoeveel, indien enige, van sy skade uitbetaal sal word nie.

Intussen het gemeenskapslede gister onderneem om die saak te probeer beredder deur versterkings te bou waar die rivier oorspronklik deurbreek. Tog sal hulle eers moet wag dat die rivier opdroog.

SANDMYNE

Kleinhoewe-eienaars meen egter ou sandmyne in die rivierloop is ‘n bydraende faktor waarom die rivier sy spoor byster raak. Hulle sê die sandmyne veroorsaak erosie wat deels verantwoordelik is vir die rivier se “wegbreektakke wat nou sommer deur kleinhoewes vloei”.

Daar is glo al probeer om ‘n rivierwal by die sandmyne te stoot, maar dit het nie voor die water gehou nie.

Mnr. Leon Harmse, Roux se buurman, sê die nuwe wegbreekriviere het verlede Donderdag ook deur sy eiendom gestroom. “Boonop het die Okahandjarivier Dinsdagaand kwaaier as verlede week afgekom. Die rivier breek elke keer naby Roux se eiendom deur, waar dit ‘n baie skerp draai vorm,” het Harmse gesê.

VROU MEEGESLEUR

Intussen het Inspekteur Maureen Mbeha, 'n polisiewoordvoerder in die Otjozondjupastreek, gister namiddag bevestig daar word steeds gesoek na ‘n vrou wat gisteroggend meegesleur is toe sy die Okahandjarivier wou oorsteek.

Nog ‘n kleinhoeweboer, mnr. Freddie Koch, sê die gemeenskap help die polisie om na haar te soek. Hy sê die vrou is een van drie kontrakwerkers wat die rivier vroegoggend te voet wou oorsteek.

“Een van die vrouens het ‘n baba by haar gehad. Alhoewel ‘n kleinhoewe-eienaar hulle probeer waarsku het om nie die rivier oor te steek nie, het hulle om die een of ander rede nie geluister nie.

“Hulle is eenvoudig net van hul voete afgespoel. ‘n Man, asook die vrou en haar baba, kon gered word. Die ouer vrou is egter deur die rivier meegesleur,” het Koch gesê.

Hy het gesê die rivier het toe nog baie sterk op plekke geloop. “In die tien jaar wat ek hier woon, het ek dit nog nooit só sien loop nie,” het hy gesê.
- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.67 | EUR to NAD 20.37 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.12 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.91 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.12 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 390.59/OZ UP +0.45% | Copper US$ 4.47/lb UP +1.25% | Zinc US$ 2 862.90/T UP 1.45% | Brent Crude Oil US$ 87.49/BBP UP +0.37% | Platinum US$ 930.17/OZ DOWN -0.0065 Sport results: European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.67 | EUR to NAD 20.37 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.12 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.91 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.12 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 390.59/OZ UP +0.45% | Copper US$ 4.47/lb UP +1.25% | Zinc US$ 2 862.90/T UP 1.45% | Brent Crude Oil US$ 87.49/BBP UP +0.37% | Platinum US$ 930.17/OZ DOWN -0.0065