Ohorongo Cement ondersteun onderwys
Ohorongo Cement het op Woensdag 14 Junie opnuut hul toewyding aan die opvoeding van Namibië se jeug getoon. Dié maatskappy het 2 300 sakke sement aan die ministerie van onderwys, kuns en kultuur, ter waarde van N$230 000, geskenk. Minister Katrina Hanse-Himarwa het die skenking van Ohorongo Cement se besturende direkteur, mnr. Hans-Wilhelm Schütte, ontvang. Die minister het die maatskappy bedank vir hul ondersteuning van die ministerie se infrastruktuurprojekte in die ses jaar van hul bestaan.
Foto Yochanaan Coetzee
Foto Yochanaan Coetzee
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie