Ohlthaver & List skenk aan weerloses
Ohlthaver & List skenk aan weerloses

Ohlthaver & List skenk aan weerloses

Ronelle Rademeyer
Ohlthaver & List (O&L) het onlangs 213 skooltasse aan die graad 1-leerlinge van die Projek­skool Monte Christo in die ­Havana-nedersetting in Windhoek geskenk.

Die skenking het gevolg nadat die maatskappy verlede jaar 'n soortlyke skenking aan die Projekskool Moses ||Garoëb gemaak het.

Volgens die woordvoerder van die maatskappy, me. Roux-ché Locke, is dié skool na aan O&L se hart.

Verlede jaar het die skool ook twee opslaanklaskamers ter waarde van N$1 miljoen ontvang.

Die hoof van die skool, me. Elizabeth Murangi, het gesê die meeste van die leerlinge dra hul skoolboeke en kosblikkies in plastieksakke.

“Ons is dankbaar vir die skenkings wat ons van verlede jaar af ontvang het. Dit het 'n ongelooflike positiewe invloed op die leerlinge,” het Murangi gesê.

“Die kinders se akademiese prestasie en emosionele ontwikkeling het heelwat verbeter.”

Locke het gesê die maatskappy skep 'n positiewe ingesteldheid, verbeter die omstandighede waarin leerlinge onderrig word en verbeter hul lewens.

“Ons belê in die leerlinge se opvoeding in die omgewings waar hulle woon, want dit speel 'n belangrike rol in hul prestasie,” sê sy.

Dié skool het 419 leerlinge in graad 1 en 2 en het op 9 Februarie sy eerste bestaansjaar gevier.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!