Oefen jouself gesonder

10 November 2005 | Kollig
\nOEFENING speel \'n belangrike rol in jou daaglikse lewe omdat dit help om liggaamsvet, bloeddruk en cholesterolvlakke te verminder. Oefening dra ook by tot \'n gevoel van welstand. Boonop is daar talle bewyse dat oefening ook algemene spanning en die negatiewe effekte van stres en depressie kan verminder.
\nDit is belangrik om daarop te let dat vir diegene wat met MIV besmet is, \'n gebalanseerde benadering tot hul lewenstyl aanbeveel word. Spesiale aandag moet geskenk word aan dieet, die hantering van stres, genoegsame rus en baie slaap, asook genoeg oefening.
\nOnlangse studies dui daarop dat oefening veral voordelig is vir diegene wat MIV positief is. Uitslae toon dat oefening nie net bydra tot die vertraging van die siekte se progressie nie, maar ook die liggaam se produksie van gesonde bloedselle bevorder, wat \'n gesonder en sterker immuunstelsel teweeg bring.
\nWatter soort oefening?
\nPraat met jou dokter of gesondheidswerker oor jou voorneme om \'n oefenprogram aan te pak. Daar is talle dinge wat in ag geneem moet word wanneer met \'n oefenprogram begin word, veral as jy met MIV besmet is. Wat is jou huidige fiksheidsvlak? Watter soort aktiwiteit geniet jy? Gebruik jy tans behandeling vir MIV? In watter stadium is jou MIV? Hierdie en ander aspekte is belangrik om in gedagte te hou voordat jy besluit watter aktiwiteit jy graag wil aanpak. Jou antwoorde hierop sal ook bepaal of jy gaan bly by jou voorneme om te oefen.
\nIndien jy MIV positief is en besluit om \'n spansport aan te pak, is dit belangrik om met jou dokter, gesondheidswerker of naaste New Start-sentrum te gesels oor beserings op die sportveld.
\nWatter tipe oefening jy ook mag kies, is dit belangrik om met jou afrigter te praat oor die feit dat jy nuut is in hierdie soort oefening, hoe hard jy jouself moet werk en wanneer die tyd reg is om die intensiteit van jou oefenprogram te verhoog.
\nOnthou altyd dat jy dinge aanvanklik stadig moet vat. Aan die begin van \'n roetine, plaas jy jou liggaam onder stres en moet jy eers daaraan gewoond raak. Sodra jy sterker word en jou stamina verhoog, kan die intensiteit van jou program daarvolgens aanpas.
\nAlgemene oefenkategorieë is:
\n
\n- Kardiovaskulêre oefening:
\nHierdie tipe oefening word gekenmerk deur \'n verhoogde hartklop wat minstens 12 minute volgehou moet word. Dit wentel om die oefening van spesifieke spiergroepe en voorbeelde sluit in draf, stap, fietsry en swem. Moet jouself nooit ooreis nie, omdat dit lei tot \'n vermindering in liggaamsmassa en gewigsverlies.
\nOnder diegene wat MIV positief is, is bogenoemde gewoonlik \'n teken van die vooruitgang van die siekte. Indien jy gewig- en spiermassa verloor, moet jy ophou met die kardiovaskulêre oefening. Indien jy weer gewig optel, oefen jy net te hard, maar as jy dit nie weer optel nie, is dit raadsaam om jou dokter te besoek.
\n
\n- Weerstandsoefening:
\nWeerstandsoefening is veral belangrik vir diegene met MIV. Met die verloop van die siekte sal baie mense spier- en gewigsverlies ondervind. Weerstandsoefening kan hierdie verlies vertraag en selfs gewigsverlies teenwerk soos die siekte verander. Dit is van die uiterse belang om jou spiermassa te handhaaf, aangesien die proteïene waaruit die spier bestaan, \'n noodsaaklike rol speel in die handhawing van \'n gesonde immuunstelsel.
\n
\n- Eet en oefening:
\nKos is brandstof vir die liggaam. Wanneer jy MIV het, speel kos en die gehalte daarvan \'n baie belangriker rol, aangesien goeie voeding noodsaaklik is vir die liggaam om gesond te bly en die immuunstelsel in \'n uitstekende toestand te hou. Wanneer \'n oefenprogram by jou dieet gevoeg word, word kosinname selfs belangriker.
\nVir meer inligting oor MIV en oefening, kontak jou naaste New Start-sentrum.\n

Soortgelyk

 

Voertuie deur Löwen meegesleur

12 ure gelede | Toerisme

Ronelle Rademeyer – Twee toeriste én 'n barmhartige samaritaan moes gister hulpeloos toekyk hoe beide hul voer­tuie deur vloedwater in die Löwenrivier meegesleur word.Dié twee...

Boer slag huurbeeste glo self

12 ure gelede | Misdaad

Elvira Hattingh – 'n Boer uit die Windhoek-omgewing het Donderdag sy vierde verskyning in die landdroshof in Windhoek gemaak op aanklag dat hy 'n boer...

Weer vir 19 Januarie

12 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Wydverspreide donderbuie word oor die binneland verwag.BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie warm in die Namib en verre suide met 'n paar buie, andersins gedeeltelik...

Voëlgriep dalk in Namibië

12 ure gelede | Omgewing

Adam Hartman en Erwin Leuschner – Nadat voëlgriep in Suid-Afrika in die Wes-Kaap etlike maande gelede uitgebreek het, bestaan die vrees tans dat seevoëls langs...

Mense keer op keer uit riviere verskuif

12 ure gelede | Regering

Tanja Bause – Talle huise aan weerskante van 'n rivier wat parallel met Istanbulstraat in Otjomuise loop, het Sondagnamiddag oorstroom. Baie van die betrokke mense...

Pedofielsaak skuif na hoërhof

12 ure gelede | Howe

Kristien Kruger – Die vermeende pedofiel wat daarvan beskuldig word dat hy verskeie jong seuns in Windhoek verkrag en vir pornografies doeleindes misbruik het, se...

Reënseisoen skop buitengewoon swak af

12 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh – Ofskoon Namibië se weerkantoor opnuut wydverspreide donderbuie vir vandag oor die binneland voorspel, het die eerste helfte van die reënseisoen “baie swak”...

Noorde wag vir reën

12 ure gelede | Weer

Terwyl die sentrale en suidelike gedeeltes van Namibië hoë neerslae die afgelope paar dae aangeteken het, moet die noorde van die land nog volgens die...

Verslag: Verskaffers het Agribusdev droog gemelk

12 ure gelede | Ministeries

Mathias Haufiku – ’n Forensiese verslag oor Agribusdev se sakebedrywighede voer aan verskaffers het voorkeurbehandeling ontvang om sake met die maatskappy te doen deur prysvasstellingstaktieke...