O&L belê N$40 miljoen in perlemoenplaas

‘Winsgewende beleggingsgeleenthede’

11 September 2018 | Omgewing
Limba Mupetami op Lüderitz - Die minister van visserye en mariene hulpbronne, mnr. Bernhard Esau, het gesê winsgewende beleggingsgeleenthede bestaan langs die Namibiese kus, afgesien van visvangregte en -kwotas.

Hy het bygevoeg die regering wil die druk op mariene visbronne verlig deur ’n mariene en binnelandse akwakultuur aan te moedig.

Esau het Saterdag 'n perlemoenplaas ter waarde van N$40 miljoen van Hangana Seafood Ltd., van die Ohlthaver & List-groep (O&L), buite Lüderitz ingehuldig.

Hy het gesê perlemoenboerdery is ekologies en ekonomies lewensvatbaar in Namibië en dit is 'n winsgewende produk, waarvan die markvraag die wêreldwye aanbod ver oorskry.

"Perlemoenproduksie hier op Lüderitz, en langs die kuslyn van Namibië is volhoubaar, want dit het net kelp, 'n tipe seewier, vir voedig nodig. Perlemoen is vir die see wat renosters vir land is. Met pryse wat N$500 per perlemoen oorskry, is die stropery van mariene spesies 'n internasionale probleem," het Esau gesê.

Hy meen regerings moet saamwerk om die kwessie van perlemoenstropery te takel.

Esau het 'n beroep op alle beleggers in en buite Namibië gedoen om in mariene hulpbronne te belê.

"Kom ontdek ons groot geleenthede in die groei van vis- en ander mariene spesies, want die internasionale aanvraag van hierdie produkte is ver bo die wêreldwye aanbod. Laat ons hande vat om ons visserysektor te ontwikkel.”

O&L se uitvoerende hoof, mnr. Sven Thieme, het gesê Namibië is 'n land wat geseën is met unieke hulpbronne – van landbou tot mynbou, visserye en toerisme.

"Ons het hierdie sektore en hulpbronne wat tot hul volle potensiaal aangewend kan word om buitelandse belegging te lok. Om die doelwitte van Visie 2030 te bereik, hang dit van my en jou en ons toewyding en verbintenis af om dit te verwesenlik,” het Thieme gesê.

Hy meen die hoop moet nie net op visserye, mynbou en toerisme geplaas word nie, maar ook op die skep van ander nywerhede soos akwakultuur, mediese en kundigheidsentrums.

Die perlemoenplaas is in 2016 gekoop en die produksie staan tans op 35 megaton. Dit neem drie jaar om perlemoen te oes voor dit groot genoeg is om te eet.

Die plaas is ook geïdentifiseer as 'n groot geleentheid om in die ||Kharasstreek te belê deur werksgeleenthede vir die gemeenskappe te skep.

Tans het die plaas 45 werkers, maar in die volgende vier jaar sal sowat 300 werksgeleenthede geskep word.

Perlemoen is 'n weekdier en familie van mossels, gapermossels, seeslakke en seekatte.

Soortgelyk

 

Kobra saai paniek by konstruksieterrein

1 uur gelede | Omgewing

‘n Agressiewe en beseerde Anchieta-kobra, ook bekend as die Angolese kobra, het vroeër vandag vir paniek gesorg by ‘n konstruksieterrein op Otjiwarongo waar werkers besig...

Kraam buite kliniek - verpleegsters geskors

17 ure gelede | Ministeries

Henriette Lamprecht – Twee verpleegsters wat ‘n hoogswanger vrou by die Okuryangava-kliniek glo weggewys het, is in opdrag van die minister van gesondheid en maatskaplike...

Lewenslank vir Suide-verkragters

17 ure gelede | Howe

Elvira Hattingh en Ronelle Rademeyer - Twee mans wat vroue op Mariental en Tses verkrag en vermoor het, is gister in twee afsonderlike sake vonnisse...

Schlettwein sê oor TIPEEG, FOCAC

17 ure gelede | Regering

Denver Kisting – In die eerste plek is Namibië se ekonomie besig om aan te pas by ’n nuwe pad van groei nadat dit een...

Weer vir 19 September

17 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm in die Suide met enkele buie in die verre Suide. Elders sal baie tot bloedig warm in die Noorde wees.KUS:...

TransNamib op soek na nuwe direksie

17 ure gelede | Vervoer

Catherine Sasman Die ministerie van werke en vervoer het in 'n openbare kennisgewing aangekondig dat nuwe direksielede vir TransNamib gesoek word. Die huidige direksie se...

Esau: Visvangkwotas kan nie verkoop word

17 ure gelede | Ministeries

Leandrea Louw Die minister van visserye en mariene hulpbronne, mnr. Bernard Esau, het gewaarsku visvangkwotas kan nie verkoop word “om vinnig geld te maak nie”....

Help soek na vermistes

17 ure gelede | Misdaad

Tanja BauseDie Namibiese polisie vra die publiek se hulp in die opsporing van twee vermiste mense. Die 14-jarige Niita Fillemon word sedert 19:00 verlede Woensdag...

Grond: Wit boere wíl praat

17 ure gelede | Ministeries

Elvira HattinghDie president van die Namibië Landbou-unie (NLU), mnr. Ryno van der Merwe, sê dit is onwaar dat wit kommersiële boere nie in gesprek tree...