O.20’s kan Hongkong wys wie’s baas
’n Oorwinning teen Hongkong vandag kan verseker dat Namibië sy deelname aan die 2016 Wêreldrugby Onder 20 trofee-toernooi in Harare met ’n uitspeelwedstryd om die derde plek kan afsluit.
Die kanse vir so ’n uitslag vandag lyk op papier belowend, want Namibië het by verlede jaar se toernooi in Portugal net een wedstryd gewen en dit was juis teen Hongkong (36-12).
Die Asiatiese kwalifiseerder is ook sover wenloos in vanjaar se toernooi en het teen beide Spanje (8-44) en die VSA (12-32) swaar geleef.
Hierteenoor het die Namibiërs reeds die VSA verras (46-44) en het daarna ’n beslissende wedstryd teen die waarskynlike groepwenner Spanje verloor (40-22).
In groep B is die huidige voorloper dus Spanje (10 ligapunte), gevolg deur die VSA (7), Namibië (5) en Hongkong (0). In groep A lyk Samoa (10) reeds na ’n finalis teenoor Uruguay (7), Fidji (5) en Zimbabwe (0).
Die Namibiese span vir vandag (1-15): Hans Breedt, Obert Nortjé, Antonio Tripodi, Johan Luttig, Le Beau du Preez, Cameron Langenhoven (kapt), Johan de Klerk, Riaan de Klerk, Jerome Beukes, Cliven Loubser, Unomasa Kavita, Alastair Miller, Hillian Beukes, Gino Wilson, Stiaan van der Merwe.
Reserwes: Wildré Smith, Arno von Wielligh, Marino Goagoseb, Rheinhardt Carelse, Sam Kuvare, Demarscho Beukes, Henrique Olivier.
• Regstreekse videostroom van vandag se wedstryde kan by http://po.st/U20Trophy16DAY2 gevolg word.
Die vier afskoptye (in Namibiese wintertyd) is Fidji tn Zimbabwe 09:00; Namibië tn Hongkong 11:00; Samoa tn Uruguay 13:00; Spanje tn VSA 15:00.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie