O.20-span kry jawoord
O.20-span kry jawoord

O.20-span kry jawoord

Rugby
Die Namibië Rugby-unie het verheug bekendgemaak dat sy nasionale o.20-span wel vanjaar aan Rugby Afrika se Barthés-toernooi sal deelneem.

Kenia sal die kontinentale o.20-toernooi van 25 tot 4 April in Nairobi aanbied. Behalwe Namibië, sal die gasheerspan, Senegal en Madagaskar ook in aksie wees.

Indien enige iets voorval, kan die toernooi in Junie plaasvind. Die toernooiwenner kwalifiseer vir die Wêreldrugby O.20 Junior Trofee wat in September 2021 gehou word.

Jood Opperman, hoofafrigter van die o.20's, het reeds sy planne agtermekaar. Spelers sal onmiddellik met kragwerk en kondisionering begin en 'n oefenkamp voor hul vertrek na Nairobi word ook beplan. Datums vir proewe sal later vasgestel word.

• Namibië se seniors sal groep A van die Rugby Afrika-beker van 1 tot 11 Julie aanbied, teen Madagaskar en Ivoorkus. As alternatief is 4 tot 14 November opsy gesit indien dié kompetisie nie in Julie kan plaasvind nie.

Die toptwee spanne van die vier groepe kwalifiseer om volgende jaar aan die eindronde van die Afrikabeker deel te neem wat as finale kwalifisering vir die 2023 Wêreldbeker dien.

Die NRU sê: “Ons senior nasionale span was veronderstel om op 3 Julie in Windhoek teen die VSA se Eagles op te draf. Dié datum bots egter met die groep A-wedstryde wat vir dieselfde tyd beplan is. 'n Later datum sal tussen die NRU en sy Amerikaanse eweknie gekies word.”

FOTO
Mnr. Theo Grunewald, uitvoerende hoof van die NRU.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Celta Vigo 4 vs 1 Las Palmas | Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion English Championship: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!