O.19's reg vir reeks teen RSA en Engeland

Die prestasies van verlede jaar se span het opwindende deure vir die groep van 2017 en 2018 geopen.
Andrew Poolman
Andrew Poolman - Die tydperk van nou tot begin-Februarie is 'n bedrywige en opwindende een vir die Namibiese junior krieketspan, wat laas naweek by 'n spesiale geleentheid amptelik hul nasionale kleure ontvang het.

Die o.19-span onder kapteinskap van Lo-han Louwrens vertrek einde vandeesweek na Potchefstroom, waar hulle volgende week 'n driehoekige reeks teen Suid-Afrika en Engeland betrokke is. Die jong Namibiërs speel twee keer elk teen Engeland (Donderdag 30 November en 6 Desember) en teen Suid-Afrika (1 en 4 Desember).

Sedert Namibië by die vorige Wêreldbeker in 2016 in Bangladesj 'n opspraakwekkende oorwinning teen die verdedigende kampioen Suid-Afrika behaal het, word suid van die Oranjerivier met ontsag van hul kleiner buurland se span gepraat.

Die magtige Suid-Afrika (elfde) het in 'n skokkende swak posisie geëindig teenoor Namibië se merkwaardige sewende en Engeland se vyfde plekke.

Al drie nasies was outomatiese kwalifiseerders vir die volgende Wêreldbeker, wat vanaf 13 Januarie tot 3 Februarie in Nieu-Seeland gespeel word.

By die Wêreldbeker is die jong Namibiërs in groep C geplaas om met wedstryde teen Bangladesj, Engeland en Kanada weg te spring.

As deel van die Namibiërs se finale voorbereiding sal hulle in die Desember-skoolvakansie ook aan die jaarlikse Coca-Cola Khaya Majola krieketweek in Bloemfontein meeding. Hier is wedstryde tussen 16 en 20 Desember teen Limpopo, Noordwes, Noordelikes, Oostelike Provinsie, Grens en KZN Binneland hul voorland.



SPESIAAL

Hoewel die Wêreldbeker nog 'n klompie weke in die toekoms is, is die Namibiese span vir al die genoemde toernooie reeds verlede maand aangekondig, onder meer vanweë die tydperk wat vereis word om visums vir Nieu-Seeland te bekom.

Die span se oorhandigingseremonie van nasionale kleure Saterdag was klein en gesellig, maar tog 'n spesiale geleentheid wat nie sommer vergeet sal word nie.

Videoboodskappe van gelukwensing wat deur elke speler se skoolhoof opgeneem is, is op 'n grootskerm gespeel, asook boodskappe van aanmoediging van krieketfigure soos die Namibiese senior nasionale kaptein Sarel Burger en die uitgetrede Protea-snelbouler Fanie de Villiers. De Villiers het die jongmanne aangemoedig om op en van die speelveld te verseker dat hul gedrag soos waardige ambassadeurs van Namibië is.

Een van elke speler se ouers, of ouerfigure, het sy nasionale baadjie oorhandig.

Mnr. André Snyman, visepresident van Krieket Namibië, het die spelers aangemoedig om die geleenthede met beide hande aan te gryp.

“Die komende toernooi op Potchefstroom is die ideale geleentheid vir elke speler om hom teen die bestes ter wêreld in jou ouderdomsgroep te vergelyk. Dit is 'n welbekende feit dat vele van die voorste senior spelers in internasionale krieket tevore in die o.19 Wêreldbeker gespeel het.

“Dit is 'n voorreg om jou land op die sportveld te verteenwoordig en om in 'n Wêreldbeker te speel. Ons nasionale keurders sal julle ook dophou en op senior vlak is daar ook vele internasionale geleenthede vir Namibië.”



KLEIN, MAAR STERK

Die spankaptein Lo-han Louwrens het in sy toespraak aan sy spanmaats gesê hulle besef dalk nog nie watter voorreg hulle het om so 'n geleentheid te kry om geskiedenis te maak nie.

“Die meeste mense dink die klein getalle in Namibië tel tot ons nadeel. Ek sien dit egter as 'n sterk punt, omdat ons groep mekaar reeds so goed ken. Ons speel al saam vandat ons tien of elf jaar oud is en ons is goeie vriende.

“Elkeen se selfsugtige motiewe en planne skuif op die agtergrond wanneer ons ons land verteenwoordig. Elke besluit van nou af, op en van die veld, moet tot voordeel van die span en die land wees. Ons het die kans om 'n nalatenskap vir die land te skep en om deur ons vertonings vir altyd onthou te word.”



BORGSKAP

Africa Personnel Services het aangekondig dat hy nie net as 'n borg van die Wêreldbekerspan toetree nie, maar ook op 'n breër vlak tot die ontwikkeling van krieket in die land gaan bydra.

'n Tweeweeklange krieketfees vir onder 15's, o.17's en o.19's sal vir die volgende drie jaar tot 202 deur APS geborg word, het sy besturende direkteur, mnr. Robert de Villiers, bekend gemaak.

“APS is reeds 21 jaar in bedryf en ons het sedertdien in verskeie sportkodes belê, vanweë ons geloof dat sport bydra om ons jong landsburgers toe te rus om in beter lede van die Namibiese familie te ontwikkel.

“Vanaand is ons fokus egter net op een span, naamlik ons nasie se trots – die o.19's wat binnekort in Suid-Afrika en Nieu-Seeland ons op die wêreldtoneel gaan verteenwoordig. Omdat ek self 'n ouer is, weet ek hoeveel jare van harde werk dit verg om tot op hierdie vlak te vorder, waar jy op die drumpel staan om in 'n Wêreldbeker te gaan meeding.”

Met APS en FNB Namibia se borg­skappe is die klerasie en krieketsakke van die o.19-span aangekoop.



EAGLES TEEN NEDERLAND

Namibië se senior krieketspan, die Eagles, vertrek ook komende naweek na Dubai vir sy laaste kragmeting in die 2015-2017 Interkontinentale Beker (vierdagkrieket) en die Wêreldkrieketliga (eendagkrieket).

Die Namibiërs se vierdagstryd teen Nederland begin komende Woensdag, gevolg deur twee eendagwedstryde op 6 en 8 Desember.

Die vierdagreeks het vir Namibië nie na wense verloop nie en hul ses wedstryde het net een oorwinning teen Hongkong in Mei 2015 en een onbesliste uitslag teen Skotland opgelewer wat deur reën belemmer is.

Die Namibiese toerspan is: Stephen Baard, Louis-Petrus van der Westhuizen, JP Kotze, Craig Williams, Gerhard Erasmus, Jan Frylinck, Sarel Burger (kapt), JJ Smit, Bernard Scholtz, Danie van Schoor, Tangeni Lungameni, Colin Peake, Zane Green, Karl Birkenstock.

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.88 | EUR to NAD 20.44 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.95 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.28 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.95 | USD to ZMW 24.77 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 214.61/OZ UP +1.09% | Copper US$ 3.98/lb DOWN -0.0004 | Zinc US$ 2 456.10/T DOWN -0.02% | Brent Crude Oil US$ 87.19/BBP UP +0.93% | Platinum US$ 908.00/OZ UP +1.47% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.88 | EUR to NAD 20.44 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.95 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.28 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.95 | USD to ZMW 24.77 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 214.61/OZ UP +1.09% | Copper US$ 3.98/lb DOWN -0.0004 | Zinc US$ 2 456.10/T DOWN -0.02% | Brent Crude Oil US$ 87.19/BBP UP +0.93% | Platinum US$ 908.00/OZ UP +1.47%