O.17’s word ook konings van Cosafa
Die Namibiese Baby Warriors is die nuwe houers van die Cosafa o.17-sokkertitel nadat hulle Suid-Afrika Sondag in die eindstryd geklop het.
Afrigter Timo Tjongarero se seuns het in gewone speeltyd die voortou met Godwin Awaseb se doel ná 64 minute geneem, voordat Suid-Afrika net vier minute later ’n gelykmakende doel behaal het.
Ná die eindtelling van 1-1 is na die strafskopmerk aanbeweeg, waar Namibië die valbylstryd met 3-1 beklink het.
In die groepfase het Suid-Afrika sy botsing teen Namibië maklik met 4-0 gewen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie