Oë op die pad!
Die Motorvoertuigongelukfonds (MVAF) het ’n dringende beroep op motoriste gedoen om tydens die feesseisoen verantwoordelik te bestuur om padsterftes sodoende te verminder.
Tussen 22 November 2016 en 17 Januarie 2017 het 124 mense in padongelukke gesterf. Hiervan was 70% mans en 30% vrouens. In dié tydperk is 603 ongelukke aangeteken, waarvan 36% motors was wat gerol het, 26% botsings was, en voetgangers was by 19% betrokke.
In totaal is 1 087 mense in die genoemde tydperk beseer.
Verlede jaar se statistieke toon ’n daling van onderskeidelik 8% en 16% in ongelukke en beserings in vergelyking met die 2015-’16-tydperk. Padsterftes het egter met 6% toegeneem.
“Die statistieke herinner ons aan die grusame werklikheid van ons paaie. Kom ons wees meer waaksaam tydens die komende feesseisoen, dra te alle tye sitplekgordels en hou ons oë oop vir voetgangers. Veg saam teen padongelukke en beskerm jou eie lewe, sowel as dié van ander,” sê mnr. Kapena Tjombonde, korporatiewe hoof van die MVAF.
Bel die MVAF by 081 9682 om ongelukke aan te meld.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie