NWR sny werkers se salarisse, werksure

Verlaging van tussen 10% en 25%

12 July 2021 | Toerisme
Ellanie Smit – Namibia Wildlife Resorts (NWR) het bykomende kostebesparingsmaatreëls ingestel om die volhoubaarheid van die maatskappy te verseker deur die basiese salarisse en werksure van al sy werknemers te verminder.

NWR se woordvoerder, mnr. Mufaro Nesongano, sê die afgelope 16 maande was die moeilikste tydperk wat enige toerisme-onderneming nóg beleef het.

“Elke maatskappy in dié sektor het verskillende maatreëls getref om sy bedrywighede en hul lewensbestaan te beskerm.” Nesongano sê NWR, as 'n staatsonderneming, het ewe ongekende waters bevaar toe die basiese salarisse van sy direksie, besturende direkteur en senior bestuur met Patterson E-gradering in September verlede jaar met 25% gesny is.

Hy het gesê NWR en die Namibiese Vakbond vir Staatsdienswerkers (Napwu) het terselfdertyd ooreengekom om salarisverhogings vir 2019-’20 te staak en ook die normale oortyd, Sondag en openbare vakansiedae en ander toelaes en voordele vanaf Maart verlede jaar tot nou toe.

“Al hierdie pogings is aangewend om die welstand van sy werknemers en die onderneming te beskerm.”

Nesongano sê met die uitdagings wat die bedryf steeds in die gesig staar, moes NWR bykomende maatreëls oorweeg om die onderneming se volhoubaarheid te verseker.

“Op grond hiervan sal NWR, in ooreenstemming met artikel 12 (6) (a) en (b) van die Arbeidswet 11 van 2007, die vergoeding en werksure van sy werknemers vir posgraderings A1 - F1 vir operasionele redes verminder, vir 'n tydperk van nie langer as drie maande vanaf Augustus 2021 nie.”

Dié werknemers se basiese salarisse sal onderskeidelik met 10%, 15%, 20% en 25% verminder word, afhangende van die werknemer se salarisskaal.

Werknemers in gradering A tot C se werksure sal met een uur verminder word; en 90 minute vir werknemers in gradering D en twee uur vir werknemers in die E- en F-gradering.

In NWR se geval sal slegs die basiese salaris beïnvloed word, het Nesongano gesê.

“Hierdie besluit was nie maklik nie, want ons het gehoop ons vorige maatreëls en 'n moontlike toename in reisbeweging sou gedurende ons piekseisoen die situasie verbeter. Maar onder die huidige omstandighede waar gevalle skerp styg en Namibië as reisbestemming raak, voorsien ons nie binnekort ’n merkbare verbetering nie. Daarom is die vermindering in ure en basiese salarisse daarop gemik om ons 'n bietjie beweegruimte te gee om in hierdie moeilike tye operasioneel te bly," het dr. Matthias Ngwangwama, NWR se besturende direkteur, gesê.

Terwyl die sekretaris-generaal van Napwu, mnr. Peter Nevonga, gesê het hulle is nie oor die aangeleentheid geraadpleeg nie en onderhandelinge moet plaasvind rakende enige veranderinge in diensvoorwaardes, het Ngwangwama aan Republikein se susterkoerant Namibian Sun gesê hulle het die artikels gevolg soos uiteengesit in die arbeidswet.

NWR gaan voort om die ministerie van staatsondernemings en sy sleutel-belanghebbendes te betrek om te sien hoe hulle gedurende hierdie tydperk ondersteuning kan bied, het Nesongano gesê.

Namibian Sun het in Mei berig NWR het 'n verlies van N$174 miljoen gedurende die boekjaar 2019-’20 gely.

NWR se gemiddelde besetting het van 49% in 2019 tot 21% gedaal.

Dié syfer was egter beter as die slegste scenario van 10% wat hulle voorspel het toe die pandemie uitgebreek het.

Die maatskappy se inkomste het met 56% gedaal, van N$395 miljoen in 2019 tot N$173 miljoen, meestal – indien nie almal nie – van die plaaslike mark.
[email protected]

Soortgelyk

 

Een sterfte, 158 nuwe gevalle

6 ure gelede | Gesondheid

Die dood van 'n 22-jarige vrou van die Rundu-distrik skuif die Covid-sterftes op tot 3 574. Gister is 158 nuwe gevalle aangemeld (112 in Windhoek),...

Namibiër by Oxford vereer vir doktorale proefskrif oor waterrregte

10 ure gelede | Onderwys

Ronelle Rademeyer - ‘n Namibiër wat aan die Universiteit van Oxford in Engeland in die regte studeer het, is met die Dr. Surya Subedi-prys vir...

130 nuwe gevalle, meeste in Windhoek

1 dag gelede | Gesondheid

Gister is 130 nuwe gevalle aangemeld, 'n positiewe koers van 8,4%. Die meeste (97) is in Windhoek aangeteken. Die nuwe gevalle sluit 13 studente, 11...

Uitstel van eksamens: Integriteit van eksamen, kwalifikasie moet beskerm...

2 dae gelede | Onderwys

Die ministerie van onderwys, kuns en kultuur sê dit het 'n wettige kontrak met Cambridge International om te verseker dat kredietwaardige eksamens geskryf word wat...

Styging van 56% in nuwe gevalle, 184 gister aangemeld

2 dae gelede | Gesondheid

Gister is 184 nuwe gevalle aangemeld, 'n positiewe koers van 3,9% en 56% meer as die vorige dag. Die meeste gevalle is in Windhoek en...

Veldbrande woed al tien dae

2 dae gelede | Ongelukke

Tanja Bause’n Groot aantal beeste loop langs distrikspaaie noordoos van Windhoek waar verwoestende veldbrande boere tussen Steinhausen en Omitara genoop het om grensdrade te knip...

‘Voltooi vanjaar se eksamen’

2 dae gelede | Ministeries

Henriette LamprechtSkryf die vraestelle wat moontlik is vóór die einde van die jaar met nuwe vraestelle in die plek van dié wat uitgelek het, identifiseer...

Oscar-benoeming dalk in ‘The White Line’ se visier

2 dae gelede | Byvoegsels

Die plaaslike rolprent The White Line is amptelik in die wedloop om oorweeg te word vir ’n moontlike Oscar-benoeming. Dit is die eerste Namibiese rolprent...

Voortrekkers trap vir renosters

2 dae gelede | Byvoegsels

Karli RudolphDie Voortrekkers vier vanjaar hul 90ste bestaansjaar met die tema “Voortrekkers gaan groot”. Die Namibiese Voortrekkers het daarom besluit om hul eie span vir...