NWR-direksie presteer, heraangestel
Die minister het gesê koste van verkope het ’n aansienlike daling getoon, wat tot ’n algehele daling in uitgawes gelei het.
Francoise Steynberg - Namibia Wildlife Resorts (NWR) se direkteure is Maandag almal ná goeie prestasie weer vir ’n driejaartermyn deur die minister van die omgewing en toerisme, mnr. Pohamba Shifeta, aangestel.
Die NWR-direksie, gelei deur amb. Leonard Iipumbu, is heraangestel nadat hulle hul mandaat uitgevoer het soos die minister tydens hul aanvanklike aanstelling in Maart 2016 uiteengesit het.
Die direksie bestaan uit Iipumbu as voorsitter, me. Janet Wilson-Moore as adjunkvoorsitter, en mee. Carol Williams, Eva Shifotoka, mnr. Rudie Putter, me. Elize Petersen en mnr. Bernd Schneider.
Shifeta het gesê sedert die direksie in 2016 aangestel is, het hulle goeie resultate gelewer soos inkomste wat in 2017 met 7% van N$339 miljoen tot N$361 miljoen gestyg het.
Volgens hom het inkomste in 2018 effens met 1%, tot N$359 miljoen verhoog.
“Die koste van verkope het ’n aansienlike daling getoon, wat tot ’n algehele daling in uitgawes gelei het. Dit het met 60% in 2016 gedaal tot ’n 50%-koste van verkope in 2017, en die bedryfsnorm van 35% in 2018,” het Shifeta gesê.
“Inkomste voor rente, belasting en waardevermindering was ‘n verlies van N$30 miljoen in 2016, wat in ’n bedryfswins van N$15 miljoen in 2017 verander het, en ’n verdere verbetering van ’n bedryfwins van N$23 miljoen in 2018,” het hy bygevoeg.
Die minister sê hierdie verbeterings het bygedra tot die feit dat geen staatsubsidie sedert 2015 aan NWR gegee is nie.
“Ná die bereking van waardevermindering en rente het die wins ’n verlies geword, maar die verlies van N$88 miljoen in 2016 is met 55% na ’n verlies van N$39 miljoen verlaag. In 2018 is dit herhaal en die verlies is met 43% na N$22 miljoen verlaag,” het Shifeta gesê en direksie hiervoor geprys.
“Die pad vorentoe is opwindend, maar vol uitdagings, en die belangrikste taak vir die direksielede is om die maatskappy se strategie te lei na die ekonomiese teikens wat vir die lang termyn uiteengesit is,” het Shifeta gesê.
Hy meen die NWR kan toeriste-oorde só bestuur dat inkomste gegenereer word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie