NV verdaag vir koninklike begrafnis
NV verdaag vir koninklike begrafnis

NV verdaag vir koninklike begrafnis

‘n Groot opkoms word by die begrafnis van die Ondonga-koning verwag.
Planne om teen gister alle besprekings in die parlement af te handel voor die staatsrede (Sona) volgende week gelewer word, het misluk toe ‘n versoek toegestaan is dat die Nasionale Vergadering (NV) tot Dinsdag verdaag met die oog op koning Immanuel Kauluma Elifas se begrafnis.

Swapo se hoofsweep, me. Evelyn !Nawases-Taeyele, het Woensdag versoek dat dié huis tot Dinsdag verdaag om parlementariërs die geleentheid te bied om die naweek die gestorwe hoof van die Ondonga- tradisionele owerheid se roudiens en begrafnis in die Noorde by te woon. Hy was ook voorsitter van die raad van tradisionele leiers.

Dié versoek is deur die adjunk-speaker, me. Loide Kasingo, toegestaan.

Elifas is op 26 Maart in die ouderdom van 86 in die Onandjokwe-hospitaal dood en sy staatsbegrafnis vind môre plaas. Sy roudiens vind vandag plaas, waarná hy môre in die ou sendingbegraafplaas by die Olukonda-nedersetting ter ruste gelê word. Dit is naby die koninklike paleis.

Nampa berig mnr. John Mutorwa, minister van werke en vervoer, het opgemerk hy hoop nie die skielike verdaging van die NV sal negatiewe implikasies hê nie.

Hy het daarop gewys dat ‘n belangrike mosie nog moet dien voordat die minister van finansies, mnr. Calle Schlettwein, Dinsdag geleentheid kry om te antwoord op kritiek op sy begroting.

Dié mosie deur me. Pendukeni Iivula-Ithana handel oor die slagting op die land se paaie.

Alle uitstaande sake op die agenda was veronderstel om teen gister afgehandel te wees sodat Schlettwein Dinsdag en pres. Hage Geingob Woensdag aan die beurt kom. Hy sal dan sy vyfde staatsrede lewer.

Intussen het die regering verskeie busse beskikbaar gestel om roubeklaers na die roudiens en teraardebestelling te vervoer.

Kommentaar

Republikein 2024-04-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest | Wolves 0 vs 2 Arsenal | Luton Town 1 vs 5 Brentford | Sheffield United 1 vs 4 Burnley LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad | Girona 4 vs 1 Cadiz | Valencia 1 vs 2 Real Betis | Rayo Vallecano 2 vs 1 Osasuna | Celta Vigo 4 vs 1 Las Palmas SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce | Hellas Verona 1 vs 0 Udinese | Empoli 1 vs 0 Napoli European Championships Qualifying: Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday | Queens Park Rangers 1 vs 0 Preston North End | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Rotherham United 0 vs 0 Birmingham City | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Watford 0 vs 0 Hull City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United | Manchester City 1 vs 0 Chelsea English Championship: Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday | Queens Park Rangers 1 vs 0 Preston North End | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Rotherham United 0 vs 0 Birmingham City | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Watford 0 vs 0 Hull City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Katima Mulilo: 15° | 36° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 17° | 36° Oshakati: 18° | 35° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:08, High tide: 03:09, Low Tide: 21:13, High tide: 15:31 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:06, High tide: 03:07, Low Tide: 21:11, High tide: 15:29 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:06, High tide: 03:06, Low Tide: 21:11, High tide: 15:28 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 33° Keetmanshoop: 20° | 33° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 20° | 32° Oranjemund: 13° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 15° | 27° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 16° | 29° Maputo: 20° | 29° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 22° Durban: 19° | 25° Johannesburg: 19° | 29° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 17° | 30° Harare: 15° | 30° #N/A #N/A