NV ontrafel in doodsnikke van sitting
NV ontrafel in doodsnikke van sitting

NV ontrafel in doodsnikke van sitting

Humeure het vir oulaas weer hoog geloop toe die Nasionale Vergadering Woensdag vir die laaste keer vanjaar gesit het.
Estelle de Bruyn
Estelle de Bruyn



Op die laaste dag van die huidige sitting het verrigtinge in die Nasionale Vergadering lelik uit­gerafel.

Sake het aanvanklik glad verloop, met verskeie jaarverslae en verslae van portefeuljekomitees wat ter tafel gelê is en die wetsontwerp op die bekamping van ­mensehandel wat met wysigings aanvaar is.

Toe dit egter by die wetsontwerp op stedelike- en landelike beplanning kom, het die vonke gespat.

Mnr. Usutuaije Maamberua van Swanu het kapsie gemaak teen die feit dat die wetsontwerp na die komiteestadium verwys word. Lede van die opposisie het met die aanvang van die debat aangedui dat hulle eenparig teen die wetsontwerp gekant is, omdat hulle van mening is dat eers op die uitkoms van die tweede nasionale grondkonferensie gewag moes word. Niemand uit die opposisiebanke het aan die debat deelgeneem nie.

Benewens sy teenkanting teen die wetsontwerp se komiteestadium wou Maamberua ook 'n toespraak ter motivering van sy teenkanting voorlees, iets waaroor die eerste minister, me. Saara Kuugongelwa-Amadhila, die prokureur-generaal, mnr. Sacky Shanghala, en die speaker hom tot orde probeer roep het.

'n Oor-en-weer-geskree het gevolg, met Shanghala wat selfs Swapo se tweederdemeerderheid as politieke speelbal in die geveg ingeskop het. Mnr. Vipuakuje Muharukua van die Popular Movement for Democracy (PDM) was op sy voete om kapsie te maak hierteen, maar hy is ook deur die speaker stilgemaak.

Mnr. Mike Kavekotora van die Rally for Democracy and Progress (RDP) het ook sy party se teenkanting teen die ­komiteestadium van die wetsontwerp uitgespreek.

Die speaker het ná nog 'n geredekawel die Huis verdeel. Altesaam 53 Swapo-lede het ten gunste van die wetsontwerp se verwysing na die komiteestadium gestem en 10 opposisielede het buite stemming gebring.

Die wetsontwerp is hierna sonder verdere stampe en stote deur die komiteestadium gevoer en vir 'n derde keer gelees.

Die wysigingswetsontwerp op onderwys waarin gratis primêre en sekondêre onderwys gewaarborg word, is ook pynloos deur die komiteestadium gevoer, sonder wysigings aanvaar en vir 'n derde keer gelees.

Katjavivi het hierna na vrae aanbeweeg, wat deur lede van die Huis aan ministers en hul adjunkte gerig word, en gewoonlik op 'n Donderdag beantwoord word. Die meeste van die ministers en hul adjunkte was egter nie voorbereid nie en het nie die geskrewe antwoorde byderhand gehad nie. Hulle het egter aangedui dat die antwoorde skriftelik beskikbaar was en aan die vraestellers beskikbaar gestel sal word.

Ná afloop van die verrigtinge het leiers van die verskillende politieke partye in die Huis die geleentheid gekry om goeie wense vir die feesseisoen oor te dra. Ver­skeie leiers het klem gelê op die belangrikheid van padveiligheid.

Hiermee het die NV vir die laaste keer vanjaar verdaag en in reses gegaan. Die NV hervat sy sittings met die opening van die parlement op 13 Februarie 2018.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!