NV: Onafhanklikheid van die voorsitterstoel bevraagteken
Estelle de Bruyn - Die rol van 'n speaker, adjunkspeaker of voorsitter van die huiskomitee in die parlementêre proses, was nog altyd dié van 'n onafhanklike “skeidsregter.” Nie meer in die Namibiese Nasionale Vergadering nie.
Telkens, en soos dit verlede week weer in die Nasionale Vergadering verloop het, het die adjunkspeaker, me. Loide Kasingo, haar partypolitieke kleure aangetrek en 'n opposisiemosie uit die voorsitterstoel gekelder.
'n Onverskrokke mnr. McHenry Venaani, die leier van die amptelike opposisie en die DTA se president, se mosie oor die gratis voorsiening van sanitêre doekies aan skoolmeisies en die verwydering van belasting op toegevoegde waarde daarop as noodsaaklike lewensmiddel, is klaarblyklik deur te veel lede van die regerende party gesteun.
Kasingo kon dit nie duld dat ''n opposisiemosie ook steun uit regeringsbanke geniet nie en het strydig met enige parlementêre reëls en regulasies, om nie eens te praat van etiese kodes nie, besluit om ''n stokkie voor die mosie te steek.
Die eerste speaker van die Nasionale Vergadering, dr. Mosé Tjitendero, het jare gelede in ''n onderhoud aan Republikein gesê hy “trek sy Swapo-baadjie uit as hy die toga van die speaker om sy skouers hang”. Daardie tradisie is blykbaar daarmee heen.
Die mosie is tot 2 November uitgestel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie