Nuwejaar kom met gedreun

31 December 2003 | Politiek en nasionale nuus
Dit is Oujaarsoggend en Namibiërs berei vandag voor vir die fees wat die nuwe jaar moet inlei. Aan geleenthede vir vanaand se moeder van alle feeste skiet dit ook nie tekort nie.
Langs Namibië se gewilde kus staan elke jongeling - in ouderdom en gees - se kop waarskynlik vanaand in die rigting van die Nonidas Rok-konsert wat net buite die vakansiedorp by die bekende kasteel gehou word. Name soos Karen Zoid, Piet Botha, Valiant Swart en Mel Botes behoort die jeug in hul honderde na die woestyn-uitspanplek te trek.
Nie ver daarvandaan nie, by Sekelduin, roep \'n klank- en laserskouspel en dansende lywe die ander duisende wat langs die kus uitspan. DJ Martink van Hamburg en DJ Kaleef van Hannover, albei in Duitsland, en DJ Rudi van Suid Afrika is gereed om saam met \'n span Namibiese platejoggies tot sonop in die duineteater op te tree. Die Kwaito-kunstenaar, Mandoza en Sugardrive, \'n Rock-orkes sonder gelyke, verskaf die geraas.
Die lewe draai egter nie net om die N$100-note wat die jeug kan uithaal vir hulle vermaak nie. In Windhoek sal plesiersoekers oudergewoonte op die \"stadsplein\" saamtrek. Die byeenkoms op die parkeerarea in die middestad is \'n instelling op Oujaarsaand en duisende tuisblyers en besoekers word vanaand in die hoofstad se strate verwag.
Op ander dorpe in die land trek mense ook op hul gebruiklike plekke byeen. Só is daar die strandgebied by Rundu op die oewers van die Okavangorivier.
Op Ongwediva lei Mzekezeke vannag die feestelikhede, terwyl Windhoekers \'n smakie van Ndilimane, Black Diamond, Uncle Warren, Motion Six en Face to Face sal kry.
Volgens die polisie sal \'n wakende oog oor die feesgangers gehou word en met een toe oog sal hulle toegelaat word om te begaan. Alles binne redelikheid. Vergrype sal nie geduld word nie, het die polisiewoordvoerder gesê.
Vuurwerkskietery is vir alle praktiese doeleindes iets van die verlede (volledige berig op bl.3), behalwe in toegewysde gebiede. Net só is die gebruik van \'n vuurwapen om die Nuwejaar luidrigtig mee aan te kondig \'n reuse taboe. Mense wat skote in die lug aftrek, sal beslis vervolg word.

Soortgelyk

 

Hardap-sluise nóg groter getrek

16 ure gelede | Omgewing

Elvira Hattingh - Die Hardapdam se sluise is om 10:30 nóg groter oopgetrek sodat dit nou 300 m³ water per sekonde uitlaat – ‘n aanpassing...

La Niña skop dalk nóú in

16 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh – Terwyl die weerkantoor ‘n weerwaak vir vandag vir wydverspreide donderbuie oor die westelike helfte van die binneland uitgereik het, meen ‘n weerkenner...

Selfdegeslaghuwelike ly neerlaag … vir nou

16 ure gelede | Howe

Jana-Mari Smith – Drie hoërhofregters het hulle gister sterk ten gunste van die wetlike erkenning van selfdegeslaghuwelike in Namibië uitgespreek, maar het nietemin die aansoeke...

Elisenheimrivier sleep motors weg

16 ure gelede | Weer

Augetto Graig – Die Elisenheimrivier het Woensdagaand motorvoertuie saamgesleep toe dit verby die Farmers Kitchen restaurant by Gastefarm Elisenheim oorstroom het. Me. Rentia van der...

Hardap loop gou vol

16 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh – Die Hardapdam sou na verwagting laat gisteraand 70% van sy kapasiteit bereik, wat beteken dié suidedam se sluise sou oopgetrek moes word....

kykNET se ‘Wat Dit Vat’: Hier’s die kunstenaars

16 ure gelede | Byvoegsels

Dit was pret, dit was plesier en dit was ’n malligheid op note. Toe die briljante musikant en musiekvervaardiger Loki Rothman gesê het hy gaan...

Fees van klassieke musiek ten bate van kanker

16 ure gelede | Byvoegsels

Een van die mees begaafde pianiste in Namibië, Johann van der Merwe, bied môre (22 Januarie) 'n uitvoering aan om geld in te samel om...

Working with high standards of technology

16 ure gelede | Mense

Wetumwene Shikage Not expecting to find a smooth and easy way of work, Romario Arnat describes his working experience as an eye-opener as to how...

Taking steady growing curves

16 ure gelede | Mense

Wetumwene Shikage Timothy Olivier’s passion and dedication has been a key driver in his success not only within Old Mutual, but throughout his...