Nuwe woema vir veiliger paaie
Total Namibia is vanjaar Namibia Media Holdings (NMH) se vennoot om bewustheid oor padveiligheid tydens die feesseisoen te bevorder.
Hierdie projek is gister in Windhoek bekend gestel en het groot lof van die Motorvoertuigongelukfonds (MVAF) ontvang.
Volgens mnr. Morné Gerber, Total Namibia se verkoops- en bemarkingsbestuurder, is dit ‘n groot geleentheid vir sy maatskappy. Total se credo “veiligheid vir my, vir jou, vir almal” is die aansporing vir die bekende brandstofhandelsmerk se betrokkenheid en volgens Grobler behoort dieselfde leuse vir alles in die lewe te geld, nie net vir uitdagings soos padveiligheid nie.
Die sentrale slagspreuk vir die veldtog is “Dying to get there? Be careful what you wish for.”
Mnr. Hennie Geldenhuys, NMH se bemarkingsbestuurder, het dit as noodsaaklik bestempel om elke dag die boodskap van padveiligheid uit te dra sodat elke moontlike lewe gered kan word. Voortgesette opvoeding bly volgens hom belangrik gegewe die feit dat Namibië in dele van die land oor ‘n uitstekende padnetwerk beskik – infrastruktuur wat egter van die gevaarlikste in die wêreld is.
“Dit is baie belangrik dat oliemaatskappye hul bydrae tot padveiligheid lewer,” was me. Mona-Liza Garises se boodskap namens die MVAF. Sy het benadruk dat almal steeds uiters besorgd oor padveiligheid in die land moet wees en dat elkeen – ook passasiers – hul deel moet doen om bestuurders en ander padgebruikers op te voed en tot orde te roep.
Sy het die hoop uitgespreek dat hierdie en ander veldtogte ‘n vermindering sal teweeg bring in die sterftesyfer van 112 mense wat tydens die vorige feesseisoen aangeteken is.
Tot die afgelope Sondagaand was daar volgens die MVAF vanjaar ‘n afname van 5% in die totale aantal motorongelukke, asook 9% minder beserings (6 073 persone) en 2% minder sterfgevalle (597). ‘n Hele 17% van hierdie mense het omgekom in ongelukke waarin groot getalle mense op een slag gesterf het.
Die veldtog skop Vrydag af en ‘n spesiale invoegsel sal in die uitgawe van 14 Desember verskyn.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie