Nuwe wiele teen skoupryse
Nuwe wiele teen skoupryse

Nuwe wiele teen skoupryse

Dani Booysen
Besoekers aan vanjaar se Namibië Toerisme Ekspo (NTE) kan opnuut uitsien na verskeie, spesiale finansieringsopsies wanneer hulle ’n nuwe voertuig by die Nedbank Motorskou aanskaf.
Volgens mnr. Bertus Matthee, uitvoerende hoof van Nedbank Namibia se handelsafdeling, is die land se groen bank benewens vir omgewingsbewaring ook sterk op gemeenskapsbetrokkenheid, gemeenskapsontwikkeling en die uitbou van bande tussen gemeenskappe ingestel – die hooftema van vanjaar se NTE.
Vir voertuie in die prysklas tussen N$100 000 en N$150 000 bied Nedbank aan sy eie kliënte sonder ’n deposito oor 60 maande die prima­koers, en aan nie-kliënte prima plus 0,5%.
In die prysklas N$150 000 tot N$250 000 sal Nedbank-kliënte – ook sonder ’n deposito – oor dieselfde periode prima minus 1% betaal en nie-­kliënte prima minus 0,5%. Dit sluit ’n ­leningsdelging of ballon­betaling van 20% in.
Ook in die prysklas van N$250 000 en hoër hoef kopers nie ’n deposito uit te haal nie. Oor 60 maande is die koers prima minus 1,5% vir Nedbank-kliënte en prima minus 1% vir kopers wat elders bank. Die ballonbetaling is 25%.
Kopers kan boonop verskeie pryse losslaan. Op die spel is inkoopbewyse van onderskeidelik N$10 000 en N$5 000; drie, ses of 12 maande se versekeringspremies en ’n naweek­besoek aan ’n lodge naby die wenner van NMH se Dorp van die Jaar-kompetisie ter waarde van N$40 000.
Die NTE en Motorskou vind plaas vanaf 18 tot 21 Mei en Nedbank se spesiale aanbiedinge is geldig tot 27 Mei.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!