Nuwe vleuel vir Huis Acasia, Windhoek
Die konstruksie van ’n nuwe vleuel teen ’n beraamde koste van N$1,97 miljoen het vandeesweek afgeskop by Huis Acacia waar Namibiese kankerpasiënte tydens hul behandeling gehuisves word.
Die nuwe vleuel bestaan uit drie dubbelkamers en een saaleenheid wat teen April vanjaar ’n bykomende tien pasiënte sal huisves. Huis Acacia is in 1986 gevestig om uitsluitlik huisvesting aan kankerpasiënte te verskaf wat buite Windhoek woon en behandeling by die dr. A.B. May Kankersentrum in die hoofstad ondergaan.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie