Nuwe vervoerbeleid bekend gestel
Nuwe vervoerbeleid bekend gestel
Hervorming en liberalisering beoog
05 December 2018 | Ministeries
Augetto Graig - Namibië slaan 'n nuwe koers in wat plaaslike vervoer in die toekoms betref.
Die minister van werke en vervoer, mnr. John Mutorwa, het Maandag Namibië se vervoerbeleid vir 2018 bekend gestel.
Volgens plan sal die beleid teen 2035 geïmplementeer wees.
Dit behels dat vier vervoerafdelings omskep sal word, naamlik padvervoer, lugvervoer, seevervoer en spoorvervoer.
Volgens Mutorwa is “naatlose intermodale verbinding” noodsaaklik vir die toekoms van vervoer in Namibië.
Die nuwe beleid behels die liberalisering van 'n sektor van Namibië se ekonomie, wat deur staatsondernemings oorheers word, het hy gesê.
TransNamib kan met die hersiening van wetgewing wat hom magtig, gereed maak vir die einde van sy monopolie op spoorvervoer.
Namport sal ook sy posisie as die enigste hawe-onderneming in die land moet prysgee.
Wat lugvervoer betref, sal Namibië se lugruim oopgestel word, en Air Namibia se rol in die toekoms sal ook hersien word.
Die nuwe beleid stel verskeie veranderinge voor, wat onder meer die hersiening insluit van wetgewing wat op die Padfondsadministrasie (RFA) en die Paaieowerheid (RA) van toepassing is.
Nuwe wetgewing sal 'n padwet insluit, wat spesifiek oor die bou van paaie gaan, asook 'n padveiligheidsagentskap-wet om só 'n liggaam tot stand te bring.
Groot verandering sal aan tariewe vir padgebruik aangebring word.
In sy toespraak het minister Mutorwa klem op die toepassing van die beleid gelê.
Hy het die tydsberekening vir spesifieke verwikkelinge soos uiteengesit in die Harambee-plan uitgelig.
“Waar is ons nou?” het hy gevra.
Mutorwa het die bydrae van sy voorloper, minister Alpheus !Naruseb, tot die voorbereiding van dié beleid geloof en gesê hy is aan die praktiese uitvoering van die beleid toegewy.
Die direkteur van beleid en regulering in die ministerie, mnr. Cedric Limbo, het voorbereidings op die beleid bespreek, wat reeds in Januarie 2015 afgeskop het.
Volgens hom is meer as 200 belanghebbers om insette oor die nuwe beleid genader.
Daar is veral op tekortkominge en suksesse van 1995 se beleid gefokus, asook op wêreldwye goeie praktyke en nuwe vervoeruitdagings, het hy gesê.
Volgens Mutorwa neem die nuwe beleid ook aspekte soos geslag, gesondheid, gestremdheid en die omgewing in ag, wat voortaan op Namibië se vervoerbeleid van toepassing sal wees.
Mutorwa het die Duitse regering se bydrae tot die opstel van die nuwe beleid geloof.
Volgens die adjunkhoof van die Duitse sending na Namibië, me. Ellen Gölz, het Duitsland sedert 1995 Namibië al met meer as N$2 miljard vir die ontwikkeling van vervoer ondersteun.
“Namibië maak staat op 'n vervoerstelsel wat werk. Vir Namibiërs is vervoer 'n basiese noodsaaklikheid,” het sy gesê.
“Ons sien uit na samewerking om hierdie strategie vir die toekoms op dreef te kry,” het sy gesê.

Soortgelyk
Honderde miljoene vir veevoer nodig
18 ure gelede | Landbou
Min of geen handboeke vir nuwe leerplan
18 ure gelede | Onderwys
Regional council must account for vandalised buildings
18 ure gelede | Infrastruktuur
Swapo beslis dorpsraadslede se lot
18 ure gelede | Politiek
Groeiende stad druk rioolstelsel
18 ure gelede | Infrastruktuur
Weer vir 19 Februarie 2019
18 ure gelede | Weer
Gammams staan steeds stil
18 ure gelede | Regering
‘Vroue is sterk’
18 ure gelede | Maatskaplik
Namcor wil vry van sekere wette wees
18 ure gelede | Energie
Kleinadvertensies