Nuwe variant op voorstoep

’n Nuwe, meer aansteeklike variant is op die vooraand van die feesseisoen in Suid-Afrika geïdentifeer.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht

Namibië is altyd bekommerd oor die teenwoordigheid van virusse in welke vorm ook al en veral wanneer 80% van die bevolking nie ingeënt is nie.

Dit is die antwoord van die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, oor die nuwe variant van Sars-CoV-2 wat groot kommer onder wetenskaplikes wek en reeds in twee van Namibië se buurlande naamlik Botswana en Suid-Afrika aangemeld is.

Die B.1.1.529 of Botswana-variant het 32 mutasies in die stekelagtige proteïen van die virus wat dit in staat stel om makliker die immuniteitstelsel te ontwyk en na meer mense te versprei. Buiten die vier gevalle in Botswana en vier in Hongkong, vuur die variant die styging in gevalle in veral Gauteng in die buurland aan waar teen druktyd 100 gevalle aangemeld is. Dit volg nadat dit Dinsdag vir die eerste keer in Suid-Afrika gerapporteer is.

Hier ter plaatse sê Shangula toets Namibië as deel van die land se moniteringstelsel vir alle variante wat moontlik in die land mag sirkuleer.

Op ’n vraag of Namibië nou oorweging sal skenk vir aanvullende dosisse aangesien byna 270 000 dosisse AstraZeneca en Pfizer teen einde Januarie verval, het Shangula gesê die besluit is geneem om ’n bykomende primêre dosis in spesifieke gevalle toe te dien. Volgens Shangula is die besluit nie geneem omdat dosisse verval nie, maar as deel van “omsigtige inentingsbestuur”. Teen gister was nog net 300 633 mense volledig ingeënt van die teiken van 1,5 miljoen inwoners teen Maart aanstaande jaar om 60% kudde-immuniteit te verseker.

Prof. Tulio de Oliveira van die KwaZulu-Natal Research Innovation and Sequencing Platform (KRISP) is die nuwe variant ’n “baie ongewone konstellasie van mutasies”, met meer as 30 mutasies op die stekelproteïen van die virus. Volgens De Oliviera het dit tien mutasies op die reseptorbindende domein waar die hoogs aansteeklike Delta-variant slegs twee en die Beta-variant slegs drie gehad het.

Dr. Tom Peacock, ’n viroloog by die Imperial College in London, het op Twitter gesê die variant moet “baie beslis” weens die “aaklige stekelprofiel” gemonitor word omdat laasgenoemde dit meer aansteeklik as enige ander variant tot dusver maak.

Hy sê die feit dat dit reeds in Asië is, beteken dit is dalk meer wydverspreid. “Ook die uiters lang taklengte en ongelooflike hoë aantal stekelmutasies dui daarop dat dit rede tot werklike kommer is,” het Peacock gesê.

Hy het beklemtoon die getalle is “super laag” in Afrika en het die hoop uitgespreek dat die variant een van ’n “ongewone groep” is en nie so oordraagbaar is soos wat gevrees word nie.

Prof. Francois Balloux, van die UCL Genetics Institute, het op sy beurt die variant se mutasies as ’n “ongewone konstellasie” beskryf wat skynbaar in ’n “enkele oopbars versamel het”.

Volgens hom dui dit daarop dit kon tydens ’n chroniese infeksie in ‘n persoon met ’n verswakte immuniteitstelsel ontwikkel het, moontlik in ’n onbehandelde MIV-vigspasiënt.

Balloux sê hy verwag beslis dit sal swak herken word deur neutraliserende teenliggaampies relatief tot die Alpha- of Delta-variant. Hy erken dit is moeilik om in hierdie stadium te voorspel hoe oordraagbaar dit kan wees.

“Dit kan in ander dele van Afrika teenwoordig wees. Vir nou moet dit noukeurig gemonitor en ontleed word.”

Prof. Burtram Fielding, ’n molekulêre bioloog wat sedert 2003 hoofsaaklik op coronavirusse werk, wou nie by navraag oor die nuwe variant kommentaar lewer nie.

“In hierdie stadium is ek bevrees ek is net nog ’n teenstrydige stem in die kakofonie van somtyds teenstrydige geraas wat uit die Covid-bespreking kom. Ek het probeer om insig te gee in wat die wetenskap sê, ongefilter deur politieke of ideologiese vooroordeel.

“Ek het ook pynlik geleer ‘alles is politiek’ en dit is moeilik om selfs die vermoede van vooroordeel te vermy. Vir nou is dit ’n bespreking waarvan ek verkies om te onttrek.”

Beamptes van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) het gister oor die variant vergader. Bronne: Netwerk24, Bloomberg, Independent – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.84 | EUR to NAD 20.42 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.94 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.33 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.94 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 219.03/OZ UP +1.29% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.06% | Zinc US$ 2 451.00/T UP 0.08% | Brent Crude Oil US$ 87.59/BBP UP +1.39% | Platinum US$ 907.28/OZ UP +1.39% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.84 | EUR to NAD 20.42 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.94 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.33 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.94 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 219.03/OZ UP +1.29% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.06% | Zinc US$ 2 451.00/T UP 0.08% | Brent Crude Oil US$ 87.59/BBP UP +1.39% | Platinum US$ 907.28/OZ UP +1.39%