Nuwe tydelike baas vir Air Nam
Nuwe tydelike baas vir Air Nam

Nuwe tydelike baas vir Air Nam

Die nasionale lugredery het 'n waarnemende uitvoerende hoof aangestel ná die bedanking van adv. Mandi
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer



Die nasionale redery het aangekondig mnr. Xavier Masule is aangestel om tydelik as uitvoerende hoof van Air Namibia waar te neem totdat dié belangrike pos permanent gevul is.

Hy was die algemene bestuurder van kommersiële dienste; 'n pos waarin mnr. Wimpie van Vuuren tot tyd en wyl sal waarneem.

Masule het meer as 19 jaar ­ervaring in die lugvaartbedryf en is deur die Internasionale Lugvaartvereniging (Iata) as lugvaartbestuurskundige geakkrediteer.

Sy aanstelling volg ná adv. Mandi Samson se bedanking as die waarnemende uitvoerende hoof van Air Namibia in 'n opnuut moeilike tyd in dié redery se bestaan.

Dit was Vrydag haar laaste werksdag.

Air Namibia is tans in hofge­dinge van etlike miljoene Namibiese dollar gewikkel. Dit sluit in 'n Duitse hofbevel wat die nasionale lugredery gelas het om sowat US$29 miljoen (meer as N$401 miljoen) se regskoste te betaal.



Hofsaak

Die oorsprong van hierdie regskoste waarvoor Air Namibia moet opdok, is 'n hofsaak oor 'n huurooreenkoms vir vliegtuie met die Belgiese maatskappy Challenge Air SA wat in 1998 aangegaan is.

Die redery het ook aangekondig me. Ingrid Cupido word aangestel as die waarnemende senior bestuurder vir verantwoordbaarheid. Dit behels dat sy moet toesien Air Namibia voldoen aan al die regulatoriese vereistes.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!