Nuwe Stemme 3 - Saamgestel deur Antjie Krog en Alfred Schaffer

06 May 2005 | Kollig
DIE digters in Nuwe Stemme 3 sê iets op \'n heel ongewoon-nuwe manier, óf hulle sê iets wat nog nie in Afrikaans gesê is nie. Dié jonger digters probeer duidelik wegkom van die bagasie van die ouer digters en hulle verlede.
Hulle ondersoek veral nuwe moontlikhede: die een is die bekende gebrandmerkte Engfrikaans wat digters toelaat om op \'n natuurlike manier tussen tale en dialekte, tussen internet en massamedia te vleg en soedoende die eenvoudige praattaal van die jeug ook die taal van hulle gedigte te maak.
\'n Mens beny die bruin Afrikaanse digters wat op \'n goudmyn van nuwe woordeskat, nuwe agtergronde en nuwe temas sit wat nog nooit tevore in Afrikaans gehoor is nie. En hulle laat nie op hulle wag nie. Afgesien van die altyd welkome gedigte in Kaaps, is dit opvallend dat die register op verskeie wyses verbreed word.
Hierdie groep uiteenlopende, sterk, nuwe stemme sal hopelik die droogte in die Afrikaanse digkuns breek en \'n bloeitydperk van opwindende debuutwerke inlei.
Antje Krog en Alfred Schaffer is die samestellers van dié bundel waarin debuterende digters se gedigte opgeneem is. Sowel Krog en Schaffer is digters in eie reg.
Nuwe Stemme 3 (ISBN: 062404288X) is deur Tafelberg vrygestel en kos N$120.

Soortgelyk

 

Hepatitis E woed landswyd voort

22 ure gelede | Ministeries

Henriette Lamprecht – Kort duskant ‘n jaar ná ‘n uitbreking van hepatitis E amptelik in Desember 2017 in Windhoek verklaar is, is byna 4...

Nuwe plan teen misdaad onthul

22 ure gelede | Misdaad

Denver KistingRooftogte, veral gewapende rooftogte, het in die afgelope ses jaar met 44% die hoogte in geskiet.Dié syfer is vervat in misdaadstatistieke van die afgelope...

Hittegolf rý Namibië

22 ure gelede | Weer

Ondangwa is vandag die heel warmste plek met ‘n verwagte maksimum temperatuur van 41°C. Boonop word geen verligting van snikhete temperature hierdie naweek verwag nie....

SOE’s: Direksies moet vir mislukkings pa staan

22 ure gelede | Ministeries

Ronelle Rademeyer - Voor staatsondernemings (SOE’s) nie prestasiegedrewe volgens goeie korporatiewe beginsels bestuur word nie, sal die ekonomie nie beter vaar nie.Daarom sal die vergoeding...

Weer, Vrydag 16 November 2018

22 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en bloedig warm in die Suide. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en bloedig wees. Enkele donerbuie word in Otjozondjupa, Khomas en Omaheke verwag.KUS:...

Kalender 16 November

22 ure gelede | Kuns en vermaak

Nou aan die gang» Die Nasionale Kunsgalery van Namibië (NAGN) bied met trots die 2018 Unam Visuele Kunste-uitstalling aan, wat tans in die hoofgalery van...

Die misterie van poësie

22 ure gelede | Kuns en vermaak

Lloyd Zandberg Terwyl die meerderheid van die mensdom soggens teen die wekker stoei, kinders vir skool aantrek, die hewige verkeer aandurf en uiteindelik laat vir...

Ons is nie teen gays, sê Sioka

22 ure gelede | Ministeries

Denver Kisting – Die minister van geslagsgelykheid en kinderwelsyn, me. Doreen Sioka, sê die regering het niks teen gay mense nie.Sý veral diskrimineer nie teen...

Mense oor miltsiekte gewaarsku ná 2 uitbrekings

22 ure gelede | Gesondheid

Ronelle Rademeyer - ’n Bewegingsverbod vir diere is by Sesfontein en die Bwabwata Nasionale Park ingestel nadat uitbrekings van miltsiekte op 1 November in dié...