Nuwe stelsel op lughawe sukkkel
Estelle de Bruyn - Die nuutingestelde elektroniese vingerafdruk- en gesigherkenningstelsel wat by die Internasionale Lughwawe Hosea Kutako ingestel is, het die naweek nog maar gelol.
Lang rye passasiers het by die doeanepunte gestaan terwyl doeanebeamptes hul bes gedoen het om die werking van die nuwe toerusting te verduidelik.
Anders as wat aanvanklik verwag is, doen die nuwe stelsel nie weg met aankoms- en vertrekvorms nie. Namibië is een van bitter min lande waar hierdie vorms nog vereis word.
By die doeanetoonbank word duimdrukke eers geneem. Albei duime word op 'n glaspaneeltjie geplaas wanneer 'n groen lig aangaan. Passasiers moes soms vyf of ses keer probeer voordat die vingerafdrukke geregistreer het. Hierna kom die vier oorblywende vingers van die regterhand en dan die linkerhand aan die beurt. Weer eens moes passasiers herhaaldelik probeer voor die afdrukke geregistreer het.
Die neem van die gesigfoto het ook etlike probeerslae geneem, met passasiers wat dán vorentoe en dán weer verder terug van die kamera moes staan voordat die doeanebeamptes tevrede was.
Dat dit wel 'n positiewe stap vir die ministerie van binnelandse sake en immigrasie is, is nie te betwis nie. Min. Pendukeni Iivula-Ithana probeer reeds vir etlike jare om so 'n stelsel in te stel om meer doeltreffende doeanebeheer in Namibië te verseker.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie