Nuwe spoorlyn vir Nigerië
'n Kulturele groep dans tydens die grondbreek-seremonie vir die konstruksie van die Lagos-Ibadan spoorlynprojek by die Ebute-Metta hoofkwartier van die Nigeriese spoorwegkorporasie in Lagos. Nigerië se waarnemende president, Yemi Osinbajo, het die ja-woord vir die konstruksie van die dubbelbaan-spoorlynmoderniseringprojek gegee wat deur China Railway Construction Corporation (CRCC) gebou sal word. Wanneer dit voltooi is sal die spoorlyn regstreekse toegang van die kusstad en kommersiële hoofstad, Lagos na Ibadan, in die hart van die suidweste van die land bied. Foto Nampa/AFP
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie