Nuwe sopkombuis vir 250 kinders

Tanja Bause
Tanja Bause - Die Primêre Skool Khomasdal het onlangs 'n sopkombuis en eetsaal oopgemaak.

Dié projek is deur die Lions Klub en die DSV Schwaförden-sokkerklub van Duitsland, en die Sonnenkinderprojekt van Windhoek moontlik gemaak.

Die gesamentlike koste was ongeveer N$800 000.

Die grootste deel van dié bedrag is deur die Lions Klub Internasionaal, die Lions Klub Grafschaft Diepholz van Duitsland en die Lions Klub Windhoek Alte Feste in Namibië ingesamel.

By die sopkombuis word vir sowat 250 kinders daagliks gekook.

“Toe ek die skool laas jaar besoek het, het ek gesien hoe die kinders op die vloer sit en eet, en hoe die kos in een pot in 'n klein kamer voorberei word. Ek het gedink hier moet ons help,” het mnr. Arthur Rohlfing van die Sonnenkinderprojekt gesê.

Volgens mnr. Gerard Vries, direkteur van onderwys, kuns en kultuur, voorsien die skoolvoedingsprogram duisende weerlose kinders landwyd van kos.

“Vandag voorsien die program 38 primêre skole en 7 621 kinders in die Khomasstreek van 'n daaglikse maaltyd. Landwyd is daar ongeveer 1 300 skole met 270 000 weerlose kinders wat by die projek baat,” het Vries gesê.

Maar voldoende fasiliteite om die kinders van 'n maaltyd te kan voorsien, bly egter 'n uitdaging, sê Vries.

“Ek doen 'n beroep op alle leerlinge en onderwysers om die fasiliteite op te pas. Moet dit nie vandaliseer nie, neem eienaar­skap daarvan en versorg dit,” het hy gesê.

Die Sonnenkinderprojekt is al die afgelope 12 jaar in Namibië betrokke.

Hulle ondersteun meer as 100 kinders van die Primêre Skool Rehoboth en die Sekondêre Skool MK Gertze op Rehoboth, en ook meer as 100 weerlose kinders van die primêre skole Khomasdal en Gammams in Windhoek.

Op Swakopmund het die projek onlangs kinders van Namib High School begin ondersteun.

“Ons ondersteun die kinders deur skoolklere en toiletware te skenk. Ons gee ook vir hulle sakgeld vir skooluitstappies. As daar 'n pretdag gehou word, kry hulle ook sakgeld om deel daarvan te kan wees. Kersfees kry elkeen ook 'n geskenk,” het me. Ingrid Diehl, ook van dié projek, gesê.

Die projek ondersteun nie net die kinders nie, maar ook die skole - soos met die bou van die sopkombuis en die eetsaal. In Rehoboth het die projek nuwe klaskamers laat bou. Hulle betaal ook vir herstelwerk en onderhoud van geboue.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

SerieA: Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!