Nuwe skool op Stampriet

Roots Gimnasium is 'n nuwe skool wat op Stampriet geopen word met die strewe om aan leerlinge holistiese opvoeding met hoë akademiese standaarde te bied.
Monique Adams



Die suide van die land gons oor die opening van 'n nuwe skool. Die stigter van die Roots-projek, mnr. Johan Rieckert, sê hulle het die projek begin om 'n multikulturele, moderne skool in dié deel van die land te bou.

“In 2019 is ons deur die raadvoorsitter van 'n plaaslike skool genader om te oorweeg om die skool oor te koop, maar die skool het besluit om eerder hul eie etos, kleure en naam op te bou, eerder as om uit die staanspoor deel van die Curro-groep te word,” het Rieckert gesê.

Ná heelwat belangstelling in die gemeenskap om steeds met die projek voort te gaan, is die besluit geneem om Roots Gimnasium te begin wat op dieselfde profielvorm as Windhoek Gimnasium bedryf sal word.

Die Roots-projek beoog onder meer om landbou in Namibië deur onder­wys te laat groei. Die naam 'Roots' kom van die groep se droom om steeds in Namibië gewortel te bly deur die land se grond te gebruik om tot voedselsekuriteit by te dra.

“Ons wil aan sterk karakters vir ons kinders bou en hulle help om nie net hul horison te verbreed nie, maar hulle met die nodige vaardighede te bemagtig sodat hulle 'n positiewe impak op die land en die wêreld kan hê,” het Rieckert gesê.

Die skool sal wegspring met klasse vanaf preprimêr tot graad 7, met graad 7-leerlinge wat die moontlikheid sal hê om by Windhoek Gimnasium se aanlyn skool aan te sluit en steeds aan die buitemuurse aktiwiteite van Roots Gimnasium deel te neem.

Die skool sal die Namibiese Nasio­nale Senior Sekondêre Sertifikaat sillabus met AS-vlak in graad 12 volg, wat internasionaal geakkrediteer sal word.

Die skool sal amptelik sy deure op 27 Januarie 2021 oopmaak.

Rieckert sê die mikpunt is om 'n atmosfeer van opgewondenheid vir onderwys te kweek deur 'n veilige en stimulerende leeromgewing te skep wat wedersydse ondersteuning en aanmoediging bied.

“Roots Gimnasium wil graag 'n Namibiese skool bou waar leerlinge, ouers en die beste opgeleide en ge­kwalifiseerde personeel as 'n familie kan saamwerk om die hoogste moontlike standaarde vir onderwys te skep.”



HOLISTIESE BENADERING

Die skool wil graag elke leerling help om hul volle potensiaal te bereik deur die ontwikkeling van hul karakter, brein, liggaam en gees, persoonlike, akademiese en fisieke groei en intellektuele stimulering.

“Ons begin met agt onderwysers en sal ons personeel uitbrei namate die aantal leerlinge groei. Ons het ook reeds die uitgetrede Namibiese rugbykaptein Jacques Burger as ons direkteur van rugby aangestel,” sê Rieckert.



DIE WAARDE VAN TAAL

Roots Gimnasium plaas groot klem op taalvaardighede. Op die junior primêre vlak (graad 1 tot 3) sal leerlinge kan kies om in Afrikaans of Engels skool te gaan.

Vir diegene wat Engels verkies, sal Afrikaans Tweede Taal as 'n verpligte vak bygevoeg word. Dieselfde sal geld vir die leerlinge wat in Afrikaans onderrig sal word, met Engels Tweede Taal as verpligte vak.

Engels as medium vir onderrig sal stelselmatig vanaf graad 4 ingebring word om seker te maak die oorgang wanneer leerlinge hoërskool toe aanbeweeg, bied nie enige probleme nie.

Rieckert spreek die hoop uit dat die skool sal aanhou groei in die volgende vyf jaar en dat meer en meer gekwalifiseerde personeel en leerlinge by die skool se familie sal aansluit.

“Dieselfde standaarde vir akademiese studies, sport en kultuur soos wat tans by Windhoek Gimnasium gehandhaaf word, sal by Roots Gimnasium ook prioriteit geniet. Ons is opgewonde vir die skool se toekoms en groei,” sê Rieckert.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.59 | EUR to NAD 20.32 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.08 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.93 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.08 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 399.40/OZ UP +0.82% | Copper US$ 4.47/lb UP +1.30% | Zinc US$ 2 869.00/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 87.99/BBP UP +0.95% | Platinum US$ 931.11/OZ DOWN -0.0054 Sport results: European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.59 | EUR to NAD 20.32 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.08 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.93 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.08 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 399.40/OZ UP +0.82% | Copper US$ 4.47/lb UP +1.30% | Zinc US$ 2 869.00/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 87.99/BBP UP +0.95% | Platinum US$ 931.11/OZ DOWN -0.0054