Nuwe skok vir toerisme
Nuwe skok vir toerisme

Nuwe skok vir toerisme

Die operateurs van kommersiële vlugte wat toeriste na lodges vlieg, wil hof toe oor nuwe vliegveldregulasies wat dit onmoontlik gaan maak.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer



Die sug van verligting wat die toerismebedryf geslaak het oor die suksesvolle verloop van die Internasionale Burgerlug­vaartorganisasie (Icao) se 10 dae lange sekuriteitsoudit in Namibië, was van korte duur.

Dié bedryf is pas ingelig kommer­siële vlugte mag vanaf 1 Januarie aanstaande jaar nie meer na ongelisensiëerde vliegvelde en landingstroke onderneem word nie.

Dit beteken die sowat 60 000 toeriste wat jaarliks deur plaaslike operateurs na lodges en vakansiebestemmings in die land gevlieg word, moet nou per pad daarheen reis.

Dit volg nadat die minister van werke en vervoer, mnr. John Mutorwa, op 8 November sonder vooraf kennisgewing 'n wysiging aan die burgerlugvaartregulasies in die Staatskoerant gepubliseer het.

Die wysiging behels 'n verbod op kommersiële vlugte na ongelisensiëerde vliegvelde.

Mnr. Bernd Schneider, voorsitter van die Federasie van Namibiese Toerismeverenigings (Fenata), sê in 'n brief aan die minister van die omgewing en toerisme, mnr. Pohamba Shifeta, asook aan Mutowa en die minister van staatsondernemings, mnr. Leon Jooste, vliegsafari's is 'n sleutelkomponent van die land se toerismebedryf.

“Baie lodges, veral dié in afgeleë gebiede, steun op hul landingstroke vir die vervoer van kliënte daarheen. Met die verswakkende toestand van paaie, word vlugte in klein vliegtuie 'n al hoe belangriker vorm van vervoer in die toerismebedryf,” sê hy.

Mnr. Phillip Ellis, regsverteenwoordiger van nege kommersiële lugvaartoperateurs en voormalige president van die Vliegtuigeienaars- en Vlieëniersvereniging (Aopa), het ook Woensdag 'n dringende brief hieroor aan Mutorwa gestuur om beswaar te maak teen wat hy “'n administratief onregverdige proses strydig met die Grondwet noem”.

Hy maan operateurs sal geen ander keuse hê as om 'n dringende hofaansoek vir die tersydestelling in te dien, sou Mutorwa nie binne 48 uur instem om die wysiging te herroep nie.

Ellis wys daarop die eienaars van die 95 ongelisensiëerde vliegvelde is waarskynlik nog “salig onbewus” van die gewysigingde regulasies.

“Derdepartye soos plaaslike owerhede en die omgewingskommissaris se insette is nodig en die eienaars van vliegvelde het absoluut géén beheer hieroor nie. Dit kan dae, weke of maande neem om toestemming te kry,” sê Ellis in sy brief.

Om 'n omgewingsklaringsertifikaat te kry, moet openbare vergaderings gehou en omgewingskonsultante aangestel word – 'n proses wat selde in minder as ses maande afgehandel kan word, sê hy.

Verder wys hy daarop dat selfs al sou dit teoreties moontlik wees vir al 95 vliegveld-eienaars om vóór 1 Januarie hul aansoeke in te dien, die Namibië Burgerlugvaartowerheid (NCAA) nie betyds al die aansoeke sal kan oorweeg en lisensies uitreik nie.

Hy maak beswaar dat operateurs en die toerismebedryf nie vooraf oor die voorgenome wysigings ingelig is nie en sê die NCAA het op 'n vergadering so onlangs as 4 Oktober met Aopa, nie 'n woord hieroor gerep nie.

Mutorwa het laat gistermiddag in 'n telefoniese onderhoud gesê hy het Ellis se brief bestudeer en vind die argumente geldig. “Regulasies moet nie gemaak word om mense te straf nie, maar om vooruitgang te bewerkstellig.”

Hy sê daarom het hy die NCAA opdrag gegee om vandag nog met Aopa te vergader en aan hom terugvoer te gee oor die pad vorentoe.



ICAO-OUDIT

Intussen het dr. Leake Hangala, voorsitter van die Namibiese Lughawensmaatskappy (NAC), gister aan Republikein gesê die gevreesde oudit deur Icao het goed verloop.

Dié internasionale waghondliggaam het “geen beduidende sekuriteitskommer oor lugvaart in Namibië nie”, sê hy.

Volgens hom is daar wel kwessies wat Icao bekommer en waarop verbeter moet word, soos die voortdurende opleiding van immigrasie- en sekuriteitspersoneel.

Hangala het die versekering gegee planne is op koers om Hosea Kutako Internasionale Lughawe teen volgende jaar dié tyd 'n “leier” in die streek te maak.

Die ouditspan het nog net 'n voorlopige verslag vrygestel en geen punte is daarin aan Namibië toegeken nie, sê hy.

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.4 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.04 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.05 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 329.01/OZ UP +0.55% | Copper US$ 4.49/lb UP +1.24% | Zinc US$ 2 852.90/T UP 1.65% | Brent Crude Oil US$ 87.60/BBP DOWN -0.0045 | Platinum US$ 908.34/OZ UP +0.69% Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.4 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.04 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.05 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 329.01/OZ UP +0.55% | Copper US$ 4.49/lb UP +1.24% | Zinc US$ 2 852.90/T UP 1.65% | Brent Crude Oil US$ 87.60/BBP DOWN -0.0045 | Platinum US$ 908.34/OZ UP +0.69%