Nuwe rol wink vir Jerome by Westelike Provinsie

14 January 2019 | Sport
Leighton Koopman - Jerome Paarwater kan straks binnekort as die nuwe hoofafrigter van die Westelike Provinsie se SuperSport-uitdaagspan aangewys word.

Ofskoon dit nog nie amptelik is nie, het Rapport betroubaar verneem dat Paarwater by John Dobson sal oorneem.

Dobson het die span die afgelope paar seisoene met groot sukses gebrei, maar word glo geoormerk om vanjaar 'n groter rol in die Stormers se Superrugby-veldtog te vervul.

Die uitdaagspan word gebruik om die volgende geslag spelers vir die Curriebeker-reeks te ontwikkel, terwyl dit ook 'n voederspan vir die Superreeks is.

Paarwater is die WP se o.21-afrigter en die meeste van die spelers wat die Streeptruie in die SuperSport-uitdaagreeks verteenwoordig, sal vertroud wees met hom.

Die verandering kom met die WP wat tans onder groot druk is wat sy afrigterskorps betref.

Nie eens die Stormers se Super-bestuur is al amptelik bevestig nie met die span wat vandeesweek hul jaarlikse voorseisoense oefenkamp in Hermanus hou.

Die onsekerheid is glo weens die onduidelikheid oor wat vorentoe die Nieu-Seelandse hulpafrigter Paul Feeney se rol by die WP gaan wees.

Paarwater, 'n voormalige Vodacombeker-afrigter van die WP, sal glo met Nazeem Adams, Chris October en Rito Hlungwani die leisels van die SuperSport-uitdaagspan oorneem. Adams, hoofafrigter van die WP se o.19's, sal straks die agterlyn brei met Hlungwani, 'n voormalige WP-slot, wat met die voorspelers hulp sal verleen. October sal glo na die verdediging kyk.

Dis straks die eerste WP-span waarvan die afrigter vanjaar verander nadat die unie verlede seisoen 'n omvattende onafhanklike ondersoek rondom 'n afrigters-kwessie laat doen het.

Daar was die afgelope paar maande groot verwarring rondom die rolle van verskeie afrigters in die unie, maar die WP behoort eersdaags duidelikheid rondom al sy afrigters te gee.

– Netwerk24

Soortgelyk

 

Afrika-lied kom tuis in Namib

18 ure gelede | Kuns en vermaak

Elvira Hattingh - Die Duits-Namibiese kunstenaar Max Siedentopf het wêreldwyd opslae gemaak met ‘n kunsinstallasie in die Namib wat Toto se bekende liedjie “Africa” oor...

CoW verloor ronde teen baas

18 ure gelede | Regering

Denver Kisting - Die geskorste uitvoerende hoof van die Windhoekse stadsraad (CoW), mnr. Robert Kahimise, het 'n ronde teen sy werkgewer gewen.CoW sal waarskynlik binne...

Sowat 7 000 skeepspassasiers sak op Walvis toe

18 ure gelede | Toerisme

Geskiedenis is gister gemaak toe vier groot passasierskepe in die Walvisbaai-hawe op anker gelê het en sowat 7 000 internasionale reisigers op die hawedorp toegesak...

Herstel internet, toegang tot sosiale media in Zim

18 ure gelede | Plaaslik

Ronelle Rademeyer - Om mense in Zimbabwe die gebruik van internetdienste te ontneem, is ‘n skending van hul menseregte en benadeel die ekonomie.“Ons raam die...

Weer vir 17 Januarie 2019

18 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en bloedig warm in die ||Kharasstreek. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm wees met enkele donderbuie oor die sentrale,...

Jong Namibiër maak biomediese deurbrake

18 ure gelede | Gesondheid

Denver Kisting - Sy twee jonger sibbe se worsteling as kinders met asma het ’n jong Namibiese ingenieur aangespoor om ’n toestel te ontwerp wat...

Lui-lui telefoon

18 ure gelede | Tegnologie

Telecom Namibia se landlyne in Windhoek was sedert Dinsdag buite werking. Mnr. Oiva Angula, Telecom Namibia se hoof van korporatiewe kommunikaise en openbare skakelwese, het...

Gedenkdiens gehou vir slagoffers van ongeluk

18 ure gelede | Plaaslik

’n Gedenkdiens vir ses van die sewe slagoffers wat onherkenbaar verbrand is tydens die ongeluk op 10 Augustus 2018, is Dinsdag op Otjiwarongo gehou. Die...

Meer as N$2 miljoen se stukkende verkeersligte

18 ure gelede | Regering

Die hoofstad se munisipaliteit het in 2018 meer as N$2 miljoen bestee om stukkende verkeersligte te herstel nadat dit in padongelukke beskadig is.Mnr. Harold Akwenye,...