Nuwe riglyne vir die stryd teen plastiek

Sakegeleentheid eerder as verpligting

10 October 2019 | Sakenuus
Francois Williams – As produkverpakking uit die staanspoor beter ontwerp word, kan dit plastiek uit die omgewing hou en ondernemings help geld bespaar.

Die PET Plastiekherwinningsmaatskappy (Petco) het pas riglyne uitgereik wat vervaardigers en ontwerpers van verpakking kan gebruik om meer herwinbare en volhoubare verpakkingsmateriaal te ontwerp.

Dit is spesiaal opgestel vir die vervaardigers van poli-etileentereftalaat (PET), die algemeenste soort plastiek vir verpakking soos koeldrankbottels.

Cheri Scholtz, uitvoerende hoof van Petco, sê dit is noodsaaklik dat kleinhandelaars, handelsnaam-eienaars, vervaardigers en ontwerpers die konsep van herwinbaarheid in die ontwerpproses insluit sodat PET-produkte suksesvol herwin kan word en in nuwe produkte hergebruik kan word.

Maatskappye wat verbruikers se vraag na omgewingsvriendeliker verpakking ignoreer, sal dit al hoe moeiliker vind om mee te ding, waarsku Scholtz.

PET-plastiek is 100% herwinbaar indien sekere basiese ontwerpbeginsels gevolg word, sê sy.

Vervaardigers van plastiekverpakking en handelsnaam-eienaars behoort hul bestaande portefeulje van PET-verpakkings te meet aan Petco se ontwerpbeginsels om te kyk waar die ontwerpe verbeter kan word, meen sy.

Van die riglyne sluit in:

· Houers moet ontwerp word met die beskikbare herwinningsinfrastruktuur in Suid-Afrika in gedagte.

· Vermy die gebruik van materiaal of komponente wat die proses van herwinning belemmer of die gehalte van herwinde PET verlaag.

· Beperk die aantal verskillende soorte plastiek wat gebruik word, en spesifiseer die plastiek wat saam herwin kan word of wat maklik van mekaar geskei kan word.

· Ontwerp komponente soos deksels of etikette om maklik, veilig, kostedoeltreffend en vinnig geskei te kan word.

· Wees deursigtig oor die herwinbaarheid van verpakking en die gebruik van herwinde PET.

· Gebruik deursigtige plastiek eerder as gekleurde plastiek vir bottels en houers.

· Ontwerp die deksel as ’n integrale deel van die houer.

· Moenie gom aan die romp van die houer gebruik nie.

· Moenie regstreeks op die houer of bottel drukwerk doen nie.

· Etikette moenie van papier of metaal wees nie, en moenie van materiaal wees wat digter is as 1 gram per kubieke cm soos PVC, PET of PS nie; en

· Die gom op etikette moet ontwerp wees om op die etiket agter te bly.

Scholtz sê ondernemings behoort die herwinbaarheid van PET-plastiek as ’n sakegeleentheid te sien, eerder as ’n lastige omgewingsverpligting.

“PET-bottels word gemaak van een van die min polimere wat oor en oor tot dieselfde vorm herwin kan word.”

Herwinde PET kan boonop gebruik word in nuwe produkte soos poliëstervesel vir klere, tuistekstiel soos kussings en matte, dak-isolasie, en sitplekoortreksels en bagasieruim-matte vir motorvoertuie. – Netwerk24

Soortgelyk

 

Twee 'renosterstropers' verskyn in Gobabis-hof

1 uur gelede | Howe

Twee vermeende renosterstropers het vandag in die landdroshof op Gobabis verskyn.Mnre. Alberto Mbwale en Joseph Matheus het op klagte van die onwettige jag van spesiaal...

Pastoor Babi steeds agter tralies

4 ure gelede | Howe

Pastoor Jackson Babi (30) van die House of Joy Ministries en sy medebeskuldigde, mnr. Friza Dumeni (25), bly steeds agter tralies.Landdros Linus Samunzela het vanoggend...

25ste Covid-19-geval bevestig

6 ure gelede | Gesondheid

'n Vroulike gesondheidswerker (32) is Namibië se jongste Covid-19-geval. Dit bring die aantal bevestigde Covid-19-gevalle in Namibië op 25 te staan. Volgens die minister van...

Hof hoor president is 'mislei' oor arbeidsregulasies

17 ure gelede | Howe

Ronelle Rademeyer - Pres. Hage Geingob is “verkeerd geadviseer” met die opstel van die gewraakte arbeidsregulasies waarvan die grondwetlikheid Vrydag in die hoërhof deur Namibiese...

Namibiërs in haglike omstandighede onder SA-kwarantyn

17 ure gelede | Gesondheid

Twee vroue van Windhoek en die een se 16-jarige dogter meen die vervalle staatshospitaal by Nababeep naby Springbok in die Noord-Kaap waar hulle in kwarantyn...

'Profeet' Babi se borgaansoek vandag

17 ure gelede | Misdaad

Francoise Steynberg – Die bekende, charismatiese en selferkende profeet van die House of Joy Ministries, pastoor Jackson Babi (30), en sy medebeskuldigde, mnr. Friza Dumeni,...

Twee bemanningslede positief vir Covid-19

17 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht & Leandrea Louw – Walvisbaai huisves tans drie aktiewe gevalle van Covid-19 ná ‘n 51-jarige man Saterdag positief vir die virussiekte getoets het....

Fishrot-manne skarrel vir borgtog

17 ure gelede | Misdaad

Augetto Graig – Die Windhoek-landdroshof het Vrydag met verskeie Fishrot-sake gewemel, met borgtogaansoeke wat met aansoeke vir die verlenging van tyd vir verdere ondersoek, meegeding...

Weer, Maandag 1 Junie 2020

17 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie warm in die Zambezi- en Kavangostreek. Elders sonnig en warm tot baie warm. Winderige weer sal oor die binneland heers....