Nuwe riglyne vir C19-verwante sindroom onder kinders

Gebruik van kortikosteroïede

29 November 2021 | Gesondheid
Henriette Lamprecht – Die Wêreldgesondheidsorganisasaie (WHO) het opgedateerde riglyne vrygestel vir die behandeling van kinders met multistelsel inflammatoriese sindroom (MIS-C) wat met Covid-19 geassosieer word.

MIS-C is ’n raar maar ernstige toestand waartydens kinders met Covid-19 inflammasie ontwikkel wat verskillende organe in die liggaam raak. Kinders met die toestand vereis gespesialiseerde sorg en kan in die intensiewesorgeenheid opgeneem moet word. Hoewel dit ’n ernstige toestand is, sê die WHO kan kinders met die regte mediese sorg herstel.

Volgens die organisasie se opgedateerde riglyne word die gebruik van kortikosteroïede vir kinders 0 tot 18 jaar voorgestel wat met die toestand in die hospitaal opgeneem is. Dit is bykomend tot ondersteunende behandeling en sorg. Die riglyne volg ná die beskikbaarheid van drie waarnemingstudies wat fokus op data van 885 pasiënte.

Die WHO het die toestand vir die eerste keer in Mei verlede jaar beskryf en ’n voorlopige kliniese definisie daarvoor gegee. Die organisasie sê hoewel kinders ’n lae risiko het om ernstige of kritieke Covid-19 te ontwikkel, maak sekere onderliggende toestande net soos in die geval van volwassenes hulle meer vatbaar vir ernstige siekte. Die mees algemene van die toestande is vetsug, chroniese longsiekte (ingesluit asma), hartsiekte en die onderdrukking van immuniteit.

Die sindroom en kindersiekte veroorsaak erge koors, ontsteking en hartkomplikasies en is in Suid-Afrika as ’n aanmeldbare mediese toestand (NMC) verklaar. NMC’s is siektes wat van openbare belang is, want dit hou beduidende gesondheidsrisiko’s in wat tot uitbrekings of epidemies plaaslik en internasionaal kan lei.

Netwerk24 het vroeër berig die siekte se simptome stem ooreen met dié van Kawasaki se sindroom in kinders jonger as vyf jaar. Volgens die Amerikaanse sentrums vir siektebeheer-en-voorkoming (CDC) is Kawasaki se sindroom ’n koorssiekte waarvan die simptome ’n veluitslag, geswolle hande, voete en limfkliere in die nek, rooi oë en irritasie en ontsteking in die keel en mond en van die lippe insluit.

Intussen het prof. Clarissa Pieper, pediater en neonatoloog, is daar vanaf Januarie tot Julie vanjaar ses kinders in Namibië dood wie se sterfte met Covid-19 geassosieer is. Vier was volgens haar "neurologies abnormaal" en van twee is daar geen data nie.

"Daar is nie regtig 'n databasis vir dit nie, so die antwoord is 'ons weet nie'. Ons weet net dat die 'kiddies' nie (van Covid 19) doodgaan nie," het sy by navraag gesê. – Bykomende bron: Netwerk24

Soortgelyk

 

‘Reëngolwe wink’

10 ure gelede | Weer

Henriette Lamprecht – Baie swaar reën, met etlike reëngolwe wat in die tweede helfte van vandeesweek en tot volgende week uitgebreid na Namibië op pad...

Lisensie of nie, staatsvoertuie ry

10 ure gelede | Polisie

Adam Hartman op Swakopmund – Verkeersbeamptes in alle streke voer steeds ’n vroeër opdrag vanuit hul hoogste gesag uit om nie verkeerskaartjies aan regeringsvoertuie met...

FNB deel van geding om Fishrot-geld

10 ure gelede | Howe

Ogone Tlhage – First National Bank Namibia het bykomende dokumente by die hoërhof in Windhoek ingedien en hom daardeur by die grootste korrupsiesaak in die...

Weer vir 13 Januarie

10 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm oor die westelike helfte van die binneland, andersins gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm met 'n...

Lande omseil Interpol as Namibië uitlewerings soek

10 ure gelede | Polisie

Kenya Kambowe op Rundu – Terwyl die Namibiese polisiehoof, lt.genl. Sebastian Ndeitunga, die Internasionale Kriminele Polisie-organisasie (Interpol) as behulpsaam beskou, vertel ’n plaaslike polisieondersoekbeampte ’n...

Toerisme se silwer rand verdwyn

10 ure gelede | Toerisme

Henriette Lamprecht – As jy gedink het 2020, die jaar wat Covid-19 die wêreld getref het, was erg, was 2021 veel erger, sê Gitta Paetzold,...

Man spring in en maak Henties skoon

10 ure gelede | Mense

Tanja Bause – ’n Inwoner van Hentiesbaai het besluit om stukkie vir stukkie sy dorp skoon te maak omdat dit die regte ding is om...

Fourie-familie veg sáám teen kanker

10 ure gelede | Gesondheid

Kristien Kruger – Veertien lede van die uitgebreide Fourie-familie het hul hare afgeskeer ter ondersteuning van die 57-jarige mnr. Johan Fourie wat met fase 4...

Geen invloei in damme sover vanjaar

10 ure gelede | Weer

Ellanie Smit – Hoewel die land sy eerste ­reënbuie vir die jaar ontvang het, was daar sover nog geen invloei vir enige van die opgaardamme...