Nuwe regulasies vir informele handel kom
Nuwe regulasies vir informele handel kom

Nuwe regulasies vir informele handel kom

Die aanpassing van maatreëls om informele markte te heropen, word eersdaags verwag.
Augetto Graig
Augetto Graig – Informele handelaars wag in spanning vir plaaslike owerhede om regulasies bekend te maak oor hoe bedrywighede tydens die nasionale noodtoestand en die inperking voortgesit gaan word.

President Hage Geingob het verlede week gesê dat inperkingsmaatreëls op informele handel verslap kan word.

Die minister van justisie, me. Yvonne Dausab, het die naweek oor die nuwe regulasies uitgebrei wat in die Staatskoerant van 17 April gepubliseer is.

Die regering wil ruimte skep vir informele handel en -markte in Namibië om weer hul bedrywighede voort te sit.

“Informele handelaars, wat noodsaaklike goedere verskaf, gaan hul bedrywighede mag voortsit. Dus kan jy weer by die ou op die hoek tamaties gaan koop,” sê sy.

Die prokureur-generaal, mnr. Festus Mbandeka, sê hulle het na ekonomiese aktiwiteite gekyk wat nie lewens in gevaar gaan stel nie, en moet daar steeds klem op sosiale afstand, higiëne en ander gesondheidsmaatreëls gelê word.

“Dieselfde protokol as in die formele mark” sal volgens Dauseb van toepassing wees.

Volgens mnr. Prince Junias, adjunk- hoofsekretaris van die Namibië Informele Handelaars en Sjebeen Werkers-unie (NITSWU), is die verbod op informele handel onregverdig.

Hy sê dit is teleurstellend om te sien sekere buitelandse winkels is oop, terwyl die plaaslike gemeenskap met dieselfde tipe winkels gesluit moet wees.

Die vakbond is dankbaar informele markte kan moontlik weer toegelaat word om handel te dryf, sê hy.

Die plaaslike owerhede moet nuwe regulasies bekend maak vir die heropening van informele markte.

Mnr. Daniel Nghidinua, uitvoerende direkteur van stedelike en landelike ontwikkeling, sê mnr. Erastus Uutoni, minister van dié ministerie, het Saterdag deur middel van videokonferensies met streekgoewerneurs, streekraadsbeamptes, plaaslike owerhede en betrokke hoofbeamptes vergader.

Volgens Nghidinua word die konsepriglyne gefinaliseer, terwyl die verskillende streke opdrag gekry het om met voorbereiding te begin.

“Ons wil hê mense moet weer begin handel dryf, maar onder spesiale omstandighede. Elke plaaslike owerheid moet sy fasiliteite uitbaken, en seker maak dit is in ‘n goeie toestand. Die handelaars moet ook weet wat van hulle verwag word. Opleiding en die voorbereiding van infrastruktuur is noodsaaklik vir ‘n verandering in benadering,” volgens Nghidinua.

“Sosiale afstand moet gevolg word. Party van die stalletjies is te naby aan mekaar geleë. Die uitleg moet heroorweeg word. Kliënte moet ook aan die regulasies voldoen,” sê hy.

Die ministerie van gesondheid moet nog die maatreëls goedkeur, voeg Nghidinua by.

“Ons werk nou met die mense in Windhoek saam, en dié boodskap is na die ander streke gestuur. Ons het ‘n openbare gesondheidsverpligting en, tot die maatreëls vasgestel is, moet mense geduldig wees en hul plaaslike owerhede kontak om op hoogte te bly,” sê hy.

BEPERKTE DRANKVERKOPE

Die regulasies vir drank word aangepas om sterk drank, wyn of bier wat meer as 3% alkohol bevat, tombo of ander tuisgemaakte drank met meer as 3% alkoholinhoud, of enige drank ingevolge Artikel 6 van die Drankwet van 1998, in te sluit.

Die koop of verkoop van dié drank bly streng verbode. As iemand vir dié oortreding gevang word kan die persoon ’n boete van N$2 000 of tot ses maande tronkstraf opgelê word. Polisiebeamptes mag ook beslag op dié drank lê.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.91 | EUR to NAD 20.47 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.96 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.27 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.97 | USD to ZMW 24.77 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 210.71/OZ UP +0.91% | Copper US$ 3.98/lb DOWN -0.0004 | Zinc US$ 2 450.10/T DOWN -0.26% | Brent Crude Oil US$ 87.06/BBP UP +0.78% | Platinum US$ 906.57/OZ UP +1.31% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.91 | EUR to NAD 20.47 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.96 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.27 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.97 | USD to ZMW 24.77 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 210.71/OZ UP +0.91% | Copper US$ 3.98/lb DOWN -0.0004 | Zinc US$ 2 450.10/T DOWN -0.26% | Brent Crude Oil US$ 87.06/BBP UP +0.78% | Platinum US$ 906.57/OZ UP +1.31%