Nuwe Raptor-bakkie in SA vervaardig
Nuwe Raptor-bakkie in SA vervaardig

Nuwe Raptor-bakkie in SA vervaardig

William Horne – Ford se gewilde Ranger-modelle gaan nou in die buurland vervaardig word by sy aanleg in Silverton, Pretoria. Hulle is ook gereed vir die vervaardiging en bekendstelling van die nuwe Ranger Raptor-reeks in die tweede kwartaal.

Neale Hill, besturende direkteur van Ford in Afrika suid van die Sahara, sê die motorvervaardiger het ’n groot belegging in sy plaaslike aanleg gedoen vir dié uitbreiding.

“Ons is verheug om die eerste van die nuwe Ford Ranger-modelle van ons produksielyn te sien loop nadat meer as R3 miljard in ons plaaslike bedrywighede belê en uitgebreide opgraderings oor die afgelope 18 maande by ons fabrieke voltooi is,” sê Hill in ’n verklaring.

Die Silverton-aanleg is nou op die ideale tyd gereed omdat Ford met sy reeds gewilde Ranger-reeks vanjaar na ’n nog groter markaandeel mik.

“Dit is ’n baie belangrike en opwindende jaar vir die Ford Ranger, ook met die koms van die nuwe Raptor, ongetwyfeld een van die modelle waarna die meeste uitgesien word,” sê Hill.

Die Raptor word geklassifiseer as ’n hoëverrigtingsvoertuig en gaan die 2.0 Bi-Turbo-dieselenjin gebruik wat in Ford se Struandale-aanleg in Port Elizabeth vervaardig word.

Dié nuwe plaaslike enjin produseer 157 kW en 500 Nm wringkrag – onderskeidelik 10 kW en 30 Nm meer as die huidige 3.2 TDCi wat in die Ranger-reeks gebruik word. Die nuwe enjin is ook tot 9% meer brandstofdoeltreffend in kombinasie met die gevorderde nuwe 10-spoed outomatiese ratkas.

“Daar is groot opgewondenheid oor die Ranger Raptor, en dié verkwikkende nuwe model sal ’n leemte in die bakkiemark vul wanneer dit in die tweede kwartaal van die jaar bekend gestel word.

“Dit gaan die eerste ware prestasiemodel in dié belangrike segment van die mark wees,” sê Hill.
– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!