Nuwe rade vir Namport, Paaieowerheid
Augetto Graig - Mnr. Alpheus !Naruseb, minister van werke en vervoer, het dié week nuwe raadslede vir twee belangrike staatsondernemings onder sy ministerie bekend gestel.
Volgens die minister het die kabinet reeds drie weke gelede die nuwe lede vir die Paaieowerheid (RA) en Namport goedgekeur, maar weens ander dringende kwessies kon die name eers Dinsdag bekend gemaak word.
Die RA se raad word nou deur mnr. Brian Katjaerua as voorsitter gelei.
Saam met hom dien me. Erna Motinga, mnr. Clive Smith en me. Lily Brant op die raad.
Mnr. Oshoveli Hivelua is ook gekies om op die raad te dien, maar weens moontlike konflik met die ingenieur se verskeie private padbouprojekte moes sy aanstelling afgekeur word.
!Naruseb sê hy sal mettertyd dié leemte vul.
Die minister is deeglik bewus van die RA se uitdagings in vandag se moeilike ekonomiese omstandighede en het die nuwe raadslede gevra om te doen wat hulle kan om ten spyte hiervan die RA se verantwoordelikhede suksesvol na te kom.
“Die RA-raad het ’n strategiese oorsigfunksie, en moet ook toesien dat dié owerheid die regering se beleide implementeer,” het hy gesê.
“Die RA moet binne sy vermoëns funksioneer en prioritisering is ’n uitdaging,” het hy gesê.
Die minister het van die geleentheid gebruik gemaak om die ou raad onder die leierskap van me. Hileni Kaifanua vir hul diens te bedank.
“Ek het saam met die president gereis om heelwat nuwe paaie en brûe bekend te stel. Ek was onlangs ook op Swakopmund om die padverbouings tussen Walvisbaai en Hentiesbaai te besoek,” het hy gesê.
By dieselfde geleentheid is Namport se nuwe raad ook bekend gestel.
Dié raad word deur advokaat Gerson Hinda gelei en sluit in me. Evangelina Hamunyela, mnr. Johannes Kangandjera, mnr. Mbingee Hindjou en me. Jennifer Comalie.
“Julle is gekies vir jul individuele kundigheid,” het !Naruseb gesê.
"Doen ekstra moeite om julself in te lig oor die beleid en die wetlike raamwerk waarin julle moet werk. Dit sal ook die moeite werd wees om jul verantwoordelikhede holisties te beskou,” het !Naruseb gesê.
Die minister het veral klem gelê op die belang van Namport se werknemers wat aangemoedig moet word om te voel hulle is deel van dié nasionale hawe-owerheid.
Volgens hom moet ’n balans gevind word tussen die groei van die besigheid en die insluiting van Namport-werkers by ontwikkeling.
“Hulle moet voel hulle is deel hiervan,” het hy gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie